AFGRI
BEAN
26 Okt
-
6669
0,00
CORN
26 Okt
-
3294
-13,00
SOYA
26 Okt
-
7380
60,00
SUNS
26 Okt
-
10580
-40,00
WEAT
26 Okt
-
5783
1,00
WMAZ
26 Okt
-
3235
11,00
YMAZ
26 Okt
-
3382,8
2,80
AMT
Beeste A2/3
22 Okt
-
53,12
-0,01
Beeste AB2/3
22 Okt
-
51,44
0,00
Beeste B2/3
22 Okt
-
49,2
0,00
Beeste C2/3
22 Okt
-
45,11
0,00
Bevrore Hoender
22 Okt
-
29,28
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
22 Okt
-
67,85
0,04
Bokooie
22 Okt
-
44,07
0,10
Groot (meer as 40 kg)
22 Okt
-
40,19
0,13
Hoender (IQF)
22 Okt
-
27,37
-0,01
Medium (30-40kg)
22 Okt
-
54,78
-0,01
Pork Average
22 Okt
-
27,29
-0,01
Poultry Average
22 Okt
-
29,26
0,00
Skaap A2/3
22 Okt
-
82,67
0,00
Skaap AB2/3
22 Okt
-
75,9
0,01
Skaap B2/3
22 Okt
-
70,32
0,01
Skaap C2/3
22 Okt
-
67,22
-0,02
Speenkalf
22 Okt
-
39,87
0,00
Spekvarke
22 Okt
-
27,23
-0,02
Stoorlammers
22 Okt
-
45,23
-0,03
Varkwors
22 Okt
-
22,33
-0,01
Vars Hoender
22 Okt
-
31,13
0,00
Vleisvarke
22 Okt
-
28,17
0,01
Wol (skoon)
22 Okt
-
166,76
-0,02

Boereplan: Boer verminder vermorsing met nuwe spuite

akkreditasie
Mnr. Michris Janse van Rensburg met twee aanwendings van sy kolspuit — een met ’n gifhuls wat keer dat omliggende plante bespuit word (soos gesien kan word in die dooie blok gras) en een daarsonder.
Mnr. Michris Janse van Rensburg met twee aanwendings van sy kolspuit — een met ’n gifhuls wat keer dat omliggende plante bespuit word (soos gesien kan word in die dooie blok gras) en een daarsonder.
’n Nuwe spuit, voerplanter en kunsmistoediener staan in gelid in Bultfontein se planmaker-ghoeroe se werkswinkel. Mnr. Michris Janse van Rensburg het man-alleen ’n minirevolusie van spesialisontwikkeling vir die kleinboer teweeg gebring. Boonop word aangepaste weergawes flink deur kommersiële boere gebruik.

"Ag, daar is meer as tien van my planne in Suider-Afrika en seker derduisende modelle verkoop. Ek mik daarna om die John Deere van Afrika vir die kleinboer te wees.”

Selfs in sy vakansies ontwerp mnr. Michris Janse van Rensburg van die plaas Mooiuitsig, Bultfontein, nuwe patente of pas hy ou modelle aan. Die afgelope feestyd by Amanzimtoti het hy juis ’n nuwe toepassing van ’n gifspuit uitgedink waaroor hy baie opgewonde is. Hy meen dat sy toestel ’n “verskil vir boere kan beteken”.

Hy is bekend vir ’n uiteenlopende reeks spuittoestelle. Die nuwe spuit mik fyn sonder om gif te mors of nie-teikenplante te benadeel danksy ’n pomptoestelletjie wat in huishoudelike houers gebruik word om onder meer sjampoe of handeroom aan te wend. Buiten die toediening van gif, onder meer om indringerbos te bestry, word dit ook gebruik vir blaarvoeding en vloeibare kunsmis. “Aanvanklik het ek dit ontwikkel om insekte en swamsiektes op gewasse, soos kool en pampoene, te bestry. In ’n vroeë groeistadium word baie gif vermors deur gewone rugsakspuite of trekkermodelle te gebruik.”

Met die kolspuit is dit nie die geval nie. Die gekonsentreerde spuitkol is nou baie doeltreffender om onder meer wurmbesmetting in die kelk van koolplantjies te voorkom. “Een produsent wat die kolspuit beproef het, het byvoorbeeld 4 ha pampoene per dag teen roes bespuit.”

In die geval van indringerbosse kan korrelgif doeltreffend met Janse van Rensburg se toedieners gebruik word. Daar was egter ’n behoefte onder boere om ’n gifspuit vir dié doel te bekom. “Ek weet nie van nog só ’n toediener vir die beskikbare vloeibare middels nie.”

Sommige produsente gebruik duur veedoseerspuite waarvan die vervangende O-ringe ook duur is. Die doseerspuite slaag ook nie daarin dat die gif die moederstam bereik nie. Ná talle probeerslae en slapelose nagte kan Janse van Rensburg se kolspuit nou telkens 5 ml gif by die plant se moederstam plaas. Deur die spuit se pompie te vervang, kan die toediening vanaf net 2 ml beloop.

Die onderdele van die spuit. Regs voor is die klamp en sy boutjies waarmee die pompie aan die voorkant van die spuitstaaf geheg word. Die pompie word gewoonlik kommersieel in sjampoebottels gebruik en dit word met ’n pypie in die spuit-rughouer verbind. Heel voor is die onderdele van die spuitkop. Deur die spuitkop se sproeierskyfie met ’n ander een te vervang, kan dit gebruik word om vloeibare gif met ’n straal na die moederstam van indringerbos te spuit – bykans soos die straal van ’n waterpistool.
Die spuitkolle van die trekspuit in sy twee gedaantes: Links is die spuit met sy gifhulsel wat ongewenste onkruid in vierkantige patrone bestry sonder om die naasliggende plante te benadeel. Die oop spuitstuk (regs) kan óf gekonsentreerd op ’n probleemkol spuit deur die punt naby die plant te hou óf wyer spuit deur die spuitstuk effens verder weg van die probleemkol te hou.
Die dubbelry-kunsmistoediener van skuins agter gesien. Die kunsmis uiwt die twee plastiekkanne word weerskante langs die voorwiele uitgestrooi. Dit is ideaal vir herbemesting in versuipkolle.
Die grasplanter is ’n uitvloeisel van die tefplanter-ontwerp. Die uitstulpings op die ysterwiel help om die saad wat met die pypie net voor die wiel neergeplaas word, vas te trap. Die twee werktuie deel dieselfde uitmeet­meganisme.

Só werk die spuit

Die operateur hou die spuit aan ’n handvatsel vas en elke keer as hy met die ander hand ’n kabel trek, word 5 ml vloeistof vrygestel. Die kabel is aan die spuitkop gekoppel wat die vloeistof in die pompie deur die sproeipunt vrylaat. Die spuitkan op die rug bevat 5 liter vloeistof, en met toedienings van 5 ml elk, word dit ná elke 1 000 trekslae hervul. “Die kolspuit se presiese toedienings beteken in baie gevalle ’n besparing van tot 90% van die gifverbruik van ’n trekkerspuit.”

Volgens hom besorg onkruid veral die groenteprodusente hoofbrekens. “Die enigste oplossing is arbeidsintensiewe skoffel wat telkens die grond rondom die plantjie versteur. Dit beteken dat nóg onkruidsaad in die proses ontkiem, of dat plantjies meganies beskadig word.”

Sy teenvoeter hiervoor is ’n metaalskerm van 33 cm x 33 cm wat keer dat gifsproei die naburige groenteplantjies benadeel. Nege toedienings met die skermkolspuit beslaan sowat 1 m².

Volgens Janse van Rensburg se berekenings is 90 000 toedienings per hektaar nodig, maar op die tradisionele manier van bestryding, sowat 400 000 kappe met ’n skoffelpik. Vir elke toediening met die kolspuit is tot ses kappe met die skoffelpik nodig. Die kolspuit sonder die gifhuls kos R1 100 en die kolspuit met die verwyderbare gifskerm R1 700 elk.

Voerplanter

Met ’n onlangse besoek aan Namibië het hy beleef hoe duisende hektaar veld met vliegtuie bespuit word omdat boere indringerbosse wil bestry. Daarná kan trekkers egter nie tussen die dooie bome inkom om grassaad te saai nie. Dit het Janse van Rensburg laat besluit om sy voerplanter aan te pas as grassaadplanter. Sy buksie-saadplanter is basies die helfte van dié Afrika-werkesel, ’n tefplanter gemik op die Ethiopiese mark. “Die ligte werktuig is maklik beweegbaar op sy een wiel en kan die grassaad tussen die bosse hervestig.”

Die uitmeetmeganisme is vir sowat honderd saadjies per meter gekalibreer, “genoeg saad sonder om dit te vermors”. Die saad word voor die ysterwiel met sy hoekyster-uitstulpings geplaas en vasgetrap. Die saadhouer bevat genoeg saad sodat die operateur sowat 3 km kan stap voor dit hervul moet word. In teenstelling met dié boere se tradisionele praktyke is die jongste neiging ook om gewasse in rye te plant en kunsmis saam met die saad te saai. Die grassaadplanter kos elk R3 000 en die groter stootplanter vir tef- en sesamsaad R6 000 elk.

Kunsmistoediener

Janse van Rensburg se enkelrykunsmistoediener is oor die jare verfyn en ’n stewiger wiel is aangebring. Dit word veral gebruik om bykomende bobemesting toe te dien as trekkers nie in nat toestande gebruik kan word nie. Bykomende kunsmis kan doeltreffend voor die mielie se pluimstadium ná goeie neerslae toegedien word.

Ná ’n boer van KwaZulu-Natal op dié manier ’n bykomende 2 ton/ha mielies geoes het, het dit Janse van Rensburg aangespoor om sy toediener se vermoë te verdubbel. Die enkelrytoediener kan 2 hektaar per dag bemes. “Dit is sweerlik die stuk toerusting waarvan die koste deur die produsent die gouste verhaal kan word.”

Die twee kunsmisbakke op die dubbelrymodel kan elk 10 kg kunsmis hou en in mielierye met ’n spasiëring van 91 cm kan sowat 2 hektaar per dag herbemes word. Die enkelry-toediener kos R1 800 elk en sy groter model R4 000.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.86
-0.9%
Rand - Pond
20.44
-0.9%
Rand - Euro
17.22
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.14
-1.1%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Goud
1,793.70
-0.8%
Silwer
24.16
-1.7%
Palladium
2,006.86
-2.6%
Platinum
1,032.00
-2.9%
Brent-ruolie
85.99
+0.5%
Top-40
61,025
+1.0%
Alle aandele
67,615
+1.0%
Hulpbronne 10
63,620
+0.3%
Industriële 25
87,147
+1.5%
Finansiële 15
14,027
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
N Man wat kan, soek n vrou wat wil
She needs to be like me, strong personality, open to communication, love to BRAAI and entertain. I do not want a housewife, she needs to be prepared to accept my kids and...
Let me be your HAPPY pilllllllll😜
I'm the kind of trouble you can get into. I'm the kind of battle , yeah you are willing to loose. You're the winter thought, burning right through. you will be...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot