AFGRI
BEAN
19 Okt
-
6607
0,00
CORN
19 Okt
-
3076
-9,00
SOYA
19 Okt
-
7030
0,00
SUNS
19 Okt
-
10775
172,00
WEAT
19 Okt
-
5725
-17,00
WMAZ
19 Okt
-
3177
-23,00
YMAZ
19 Okt
-
3339
-17,00
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Boereplan met hiasinte verander plantplaag in kompos

akkreditasie
Hiasinte is ’n indringerplant uit die Amasonerivierstelsel van Suid-Amerika. Dit word as die ergste waterplantplaag ter wêreld beskou. Dit verdring waterlewe en skep ’n teelaarde vir insekplae, onder meer muskiete.
Hiasinte is ’n indringerplant uit die Amasonerivierstelsel van Suid-Amerika. Dit word as die ergste waterplantplaag ter wêreld beskou. Dit verdring waterlewe en skep ’n teelaarde vir insekplae, onder meer muskiete.
Waterplante soos hiasinte laat jaarliks duisende liters water weens evapotranspirasie verlore gaan, en besorg boere besproeiingshoofbrekens omdat dit verstoppings veroorsaak. Mnr. Francois van der Poll het ’n stroper ontwerp en gebou wat klaarspeel met waterhiasinte, en dit uiteindelik tot komposmateriaal verwerk.

As kind het hy ná skool by sy pa se werkswinkel op Phalaborwa gekuier en kaskarre en ander speelgoed met afvalyster gebou. Mnr. Francois van der Poll se liefde vir yster- en staalwerk het later sy lewenspad bepaal, en deesdae span hy sy kaskarkennis in om ’n verskeidenheid landbouwerktuie te bou.

Hy het die wêreld onlangs laat regop sit toe hy ’n masjien gebou het wat waterhiasinte opvreet en as kompos-materiaal uitspoeg. In 2009 het hy by mnr. Lighty Bootha van Tzaneen se maatskappy Compostmatters begin werk. Bootha het groot komposdraaiers vir boere in die omgewing gebou, en mettertyd het Van der Poll alles oor die bou van sulke masjiene, én die bestuur van die besigheid geleer. Toe Bootha in 2016 siek word, moes Fran-cois die besigheid alleen bestuur, en toe sy mentor later daardie jaar oorlede is, het hy die besigheid uit die boedel gekoop.

Van der Poll se belangstelling in staalwerk, en sy vermoë om ’n meganiese oplossing vir byna enige probleem op te tower, het daartoe gelei dat hy sommer gou allerlei ander produkte ook begin vervaardig het, van sleepwaens vir trekkers tot ’n hiasintvreter.

Hy het die idee gekry om ’n masjien te bou wat hiasinte oes toe hy sien hoe ’n maatskappy op Hartbeespoortdam kompos van hierdie waterindringer maak. Hy het mnr. Johan Spies, ’n boer van Tzaneen, van sy plan vir só ’n masjien vertel, maar kon eers ’n jaar later by die bou van dié boereplan uitkom.

’n Tweeledige OPLOSSING

Die hiasintstroper word in twee dele opgeslaan langs die water waar hiasinte voorkom. ’n Aangepaste voerband rus in die water en vang enige hiasinte wat daarop gedruk of getrek word en dra dit met ’n voerband op tot waar dit in die snyerboks val.

Hierdie voerband lê binne ’n groot geut, wat die water wat uit die hiasinte dreineer weer na die dam of rivier afvoer. Die hiasinte word dan bo by ’n tregter ingegooi waardeur dit na die horisontale kaplemme gevoer word. Dit is soos ’n tamaai boontjiekerwer wat die plantmateriaal in klein stukkies kap, voordat dit op die tweede voerband val wat dit uiteindelik op ’n vragmotor gooi.

Die stroper se eerste proeflopie het ge- wys dit kan sommer gou ’n vragmotor vol laai met gekapte plantmateriaal. Dit het maar ’n halfuur geneem om ’n vrag van 5 m3 te produseer. Van der Poll sê die gekapte materiaal is ’n fraksie van die volume van die hiasinte wat mens uithaal, juis omdat die masjien dit so fyn kap.

Boere in die distrik Tzaneen wag nou op ontledings van komposmonsters om te sien hoe goed die hiasintkompos in hul boorde, beddings en landerye gaan werk. Indien die komposgehalte so goed is soos wat Van der Poll van ander bronne verneem het, is daar baie komposmateriaal in die damme en riviere in die omgewing om mee te werk.

Vir die eerste proeflopie het Van der Poll hake gemaak waarmee hy die hiasinte oor die water na die voerband nader getrek het, maar hy beveel aan dat mens ’n vlot bou om die hiasinte na die vreter se opvangsgebied te stoot. Dit gaan waarskynlik doeltreffender wees en minder arbeid verg. Van der Poll skat sy hiasintvreter sal na gelang van die grootte tussen R65 000 en R85 000 kos.

Hiasinte stroper
Die hiasintstroper bestaan uit twee dele, naamlik ’n voerband wat die hiasinte uit die water trek en in ’n snykas gooi waar lemme dit versnipper, en ’n tweede voerband wat die fyn plantmateriaal op ’n vragmotor of sleepwa gooi.
Hiasinte stroper
Van der Poll sê die beste manier om die hiasintstroper in te span is om die hiasinte met ’n vlot na die opvangsdeel van die stroper te stoot. Dit kan ook nader gehark word sodat die voerband dit kan gryp en optrek.
Hiasinte stroper
Mnr. Francois van der Poll van Tzaneen bou hoofsaaklik komposdraaiers, maar tussendeur ontwikkel hy oplossings vir alledaagse kwessies wat boere die hoof moet bied. Vir navrae, kontak 082 928 5809.

Onwelkome waterplaag

Waterhiasinte kom oorspronklik uit die Amasone, en word as die wêreld se ergste water- onkruid beskou omdat dit baie duur is om te beheer en ’n baie nadelige uitwerking op ekostelsels het, sê die Landbounavorsingsraad op sy webwerf. Dit is in die vroeë 1900’s vir die eerste keer in Wes-Kaapse waterstelsels waargeneem, en het sedertdien landwyd versprei.

Dit is kragtens die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Biodiversiteit (Wet 10 van 2004) tot indringerspesie verklaar en moet waar moontlik uitgeroei word. Van der Poll se masjien is dus nét die regte medisyne vir boere met hiasintprobleme, aangesien dit geen chemiese gifstowwe verg nie en ook nie biologiese organismes vrystel wat ander waterlewe kan bedreig nie.

* geleenthede vir biobrandstof

Toetse vir die gebruik van hiasinte vir die produksie van biogas as alternatief tot brandhout en houtskool in landelike gemeenskappe, word tans in Kenia uitgevoer. Waterhiasinte bevat ’n hoë verhouding van koolstof tot stikstof. Navorsers het reeds sedert die 1980’s die moontlikheid begin ondersoek om die plant as biobrandstof te gebruik.

Volgens navorsers verskaf slegs 4 kg van die gedroogde plant, nadat dit gefermenteer is, ongeveer 1 liter vloeibare gas. Nigeriese akademici het in 2014 aangekondig dat hulle beter gasopbrengste gekry het wanneer die plant met ontsmette hoendermis gemeng is. ’n Paar jaar later het Keniaanse wetenskaplikes bevestig dat dieremis dien as katalisator vir die proses om die plant te komposteer.

Na raming maak byna driekwart van die Keniaanse bevolking op hout of houtskool staat om daagliks kos gaar te maak. Die tradisionele energiebronne het vele gesondheidsnadele weens rook en die nadelige karsinogene soos polisikliese aromatiese koolwaterstowwe, wat tydens verbranding vrygestel word.

Die gemeenskap van Dunga, wat aan die oewer van die Victoriameer geleë is, gebruik sedert 2018 die tegnologie in bioverteerders as oplossing om ontslae te raak van dié plantplaag, en as alternatiewe energiebron pleks van houtskool. ’n Mengsel van hiasinte en beesmis word in die bioverteerders gemeng vir die produksie van biogas.

Die gemeenskap het twee van die verteerders ontvang wat biogas produseer vir die gebruik in toebehore soos gasstowe, of vir die uitbroei van kuikens of watersuiwering. Hiasinte is ’n netelige kwessie vir vissermanne op die Victoriameer, aangesien hulle sukkel om ’n inkomste te verdien omdat die plante dit moeilik maak om op die meer rond te beweeg. — Fredalette Uys

Bron: http://bit.ly/2U4Jwvx

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.57
+0.7%
Rand - Pond
20.08
+0.2%
Rand - Euro
16.98
+0.3%
Rand - Aus dollar
10.88
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.4%
Goud
1,781.66
+0.9%
Silwer
23.79
+2.4%
Palladium
2,082.50
+3.0%
Platinum
1,057.01
+1.6%
Brent-ruolie
84.33
-0.6%
Top-40
60,320
+0.4%
Alle aandele
66,912
+0.4%
Hulpbronne 10
64,002
+0.9%
Industriële 25
84,631
+0.3%
Finansiële 15
13,990
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
1Korinthiers 13
Ek is glad nie jaloers of clingy nie, maar moenie my n rede glo nie die seding is as volg: as daar n romie is is daar n vuur, so as ek vernoed jy hou jou opsies oop sal ek...
Vrede begin met n glimlag
Ek is n ma en n ouma van 2 my grootste liefde, ek is n mense mens baie lief vir lek lag kuier met vriende en familie. Gee baie om vir my mede mens lief vir kos maak en dans is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot