Boerbokke was uiteindelik die antwoord. Boonop kom sy meganiese vernuf steeds nuttig te pas in die planne wat hy beraam.
Mnr. Theo du Plooy van Polokwane het altyd geweet die boubedryf is maar siklies van aard. Daarom het hy vroeg in sy loopbaan al beoog om ’n ander onderneming op die been te bring. Wildboerdery het vir hom sin gemaak, en dit het goed gewerk – tot die prys van skaars wild en kleurvariante sedert 2016 skerp begin daal het.
“Ek het gedink ek moet dalk na iets anders kyk vir die boerdery, maar nie beeste nie. Dit moes iets wees waarvoor ek die infrastruktuur kon benut wat ek vir my wild gebou het.”