AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9016
-76,00
CORN
04 Okt
-
4807
-79,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Elektriese veldvoertuig in Namibiese duine gebore

akkreditasie
Die Fonk van die kant afgeneem. Dit spog met mooi afwerking.
Die Fonk van die kant afgeneem. Dit spog met mooi afwerking.
’n Elektriese veldvoertuig is deur ’n Namibiese boer ontwerp waarmee hy enige terrein – van Kalahariduine tot klipperige rante – kan kafdraf. Die lae loopkoste besorg sommer volpunte aan dié produk. Mnr. Len Smith vertel hoe hy vonk in sy Fonk-voertuig gesit het.

’n Elektriese veldvoertuig is deur ’n Namibiese boer ontwerp waarmee hy enige terrein – van Kalahariduine tot klipperige rante – kan kafdraf. Die lae loopkoste besorg sommer volpunte aan dié produk. Mnr. Len Smith vertel hoe hy vonk in sy Fonk-voertuig gesit het.

Dit is goed en wel dat brandstofkoste soms daal, maar dit kos steeds ’n bakkievrag vol geld om die tipiese dagtake op die plaas uit te voer. Daarom is ’n Namibiese boer en entrepreneur se elektriese veldvoertuig die ware Jakob om koste te bespaar. Dit loop teen slegs 30c/km, en is sterk en robuus sodat dit oral kan ry.

“Ons is self boere en verstaan wat boere en eienaars van wildplase nodig het. Die resultaat is die Fonk,” sê mnr. Len Smith van Koës, ’n dorpie in die Karasstreek op die rand van die Kalahariwoestyn in die suidooste van Namibië.

Dit is ’n baie droë deel met ’n gemiddelde reënval van net 150 mm tot 200 mm per jaar. Vee- en wildboerdery is die hartklop van die streek.

Die Fonk is ’n afstammeling van die bekende Uri-bakkie waarvan daar honderde in Namibië loop. Smith se pa, Ewert, het hierdie Namibiese voertuig ontwerp, die eerste een in 1989 gebou en sedert 1990 sowat 300 van dié geharde bakkies verkoop. “My pa het ’n behoefte gehad aan ’n ligte 2x4-plaasvoertuig met ’n kleiner impak op die veld, laer loop- en onderhoudskoste as die groter 4x4-voertuie op die mark en die vermoë het om oral te ry. Só het die Uri ontstaan.”

Die Uri is destyds gepatenteer en deur die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde getoets. Smith en sy broer, Wian, het hulle omstreeks 1997 by die boerdery en voertuigbouery gevoeg en die fabriek, Uri Veldmotors (later Uri Offroad Vehicles), einde 1999 vanaf die familieplaas, Ghaub, na Witvlei naby Gobabis op die pad na Windhoek verskuif omdat hulle groter geboue nodig gehad het

Hulle het die Uri later herontwerp en ’n groot 4x4-voertuig gebou. Dit het die oorspronklike idee van ’n ligte voertuig so ’n bietjie omseil, maar dit was vanweë ’n vraag by sekere klante, soos die myne. In 2004 het hulle die fabriek na Pretoria verskuif, waar die vervaardiging van die Uri-voertuie voortgesit is, maar hulle het dit later gesluit. “Die skuif na Pretoria was ter wille van logistiek, want alles het in elk geval van Suid-Afrika af gekom.”

Mnr. Len Smith. FOTO: VIC ENGELBRECHT

FAMILIEBOERDERY

Smith boer met skape vir slaglamproduksie en beeste, en sy pa boer al jare lank met Angorabokke. Smith het van meet af aan ook aan plaasvoertuie gewerk en Land Cruisers opgebou. Hy vertel die naam Fonk is van die Afrikaanse woord Vonk afgelei (omdat dit ’n elektriese motor het), maar hulle spel dit met ’n F sodat dit in Afrikaans en Engels eenders klink.

Dit is ’n heeltemal nuwe voertuig en nie op die Uri gebaseer nie, buiten miskien in ’n mate die pyp-en-plaatkonstruksie. Hy beskryf dit as ’n voertuig sonder ’n onderstel. Ewert het die eerste raamwerk in April 2019 gebou en toe sonder basiese afwerking, soos panele en verfwerk, daarmee op die plaas rondgery.

In Augustus het Len met ’n nuwe ontwerp begin, dit in Desember voltooi en die prototipe op die plaas getoets. “In die proses het ons verbeterings aangebring om die voertuig so goed moontlik te kry. Ek weet nie of dit ooit perfek sal wees nie, maar ons streef daarna, hoewel dit nie vir die mensdom moontlik is om iets soos die Skepper te vervolmaak nie.”

Die Fonk, ’n elektriese veldvoertuig wat in Namibië ontwerp en vervaardig is. Dit is gebou om op sand en ruwe terrein te loop. ’n Prototipe van ’n elektriese motorfiets is ook gebou. FOTO’S: LEN SMITH (Tensy anders vermeld)
Die Fonk kan op enige plek ry en skrik nie vir ’n Kalahari­duin nie.

ROBUUSTE ONTWERP

Die Fonk word in hul werkwinkel op Koës gebou. Dit is ontwerp om robuus te wees sodat dit die stampe en stote van plaaswerk kan weerstaan. Daarom is die hele raamwerk van staal. “Jy kan op die dak klim om met die verkyker te kyk,” sê Len.

Die verskillende onderdele bout aan die raamwerk (of dop, soos hy dit noem) vas. Van die onderdele vervaardig hy self, terwyl ander onderdele van ’n bekende, bestaande voertuig afkomstig is. Van die onderdele word ingevoer. Die voertuig is lig. Dit weeg net 700 kg, maar kan 400 kg vrag dra.

Die Uri het ’n tradisionele petrol- of dieselenjin gehad, maar die Fonk word deur ’n elektriese motor aangedryf wat agter gemonteer is. Die battery is onder die sitplek en word met ’n enkelfase-laaier gelaai wat saam met die Fonk voorsien word. Verskillende laaiers is beskikbaar wat die laaiproses vinniger kan maak, maar dan moet ’n mens eers ’n spesiale kabel aanbring. Kleiner laaiers word by ’n 220 V-muurprop ingedruk. Met ’n groot laaier duur dit vyf uur om die battery vol te laai, en tot tien uur met kleiner laaiers.

Die voertuig is rubuus en sonder fieterjasies, soos wat ’n boer in ’n basiese plaasvoertuig soek. Staal is gebruik om dit sterk te maak.
Die bak van 1,45 m x 1,30 m kan 400 kg dra. Die battery is onder die sitplek.

Laai met sonkrag

Die Fonk kan ook vanaf ’n sonkragstelsel gelaai word, maar as die battery snags gelaai moet word, sal ’n volledige sonkragstelsel met batterye nodig wees. Ewert het reeds ’n gholfkar aangepas om met sonpanele op die dak te werk. Nou oorweeg hulle om ’n kleiner weergawe van die Fonk te bou wat met ’n 48 V-stelsel werk wat regstreeks vanaf ’n sonpaneelstasie gelaai kan word. Die huidige, groot model se battery van 108 V sal ’n sterk sonkragstelsel nodig hê.

Die lopende koste is baie laag – net sowat 30c/km. Dit gebruik ongeveer R50 se elektrisiteit om die litiumbattery vol te laai. Die Fonk kan 75 km/h haal en bereik hierdie snelheid nogal vinnig, sê Len.

“Hy is baie lewendig en versnel vinnig omdat die motor so baie wringkrag het. Die motor van 15 kW lewer 235 Nm, maar, onthou, hy weeg net 700 kg. As jy die krag-tot-gewig-verhouding pro rata met ’n gewone voertuig vergelyk, is dit omtrent 500 Nm. Dit is vanaf die wegtrekslag beskikbaar.”

Met ’n volgelaaide battery kan die Fonk tot 150 km ver ry, na gelang van die soort terrein en hoe vinnig hy ry. Dit het ’n grondvryhoogte van 300 mm, wat geskik is vir ongelyke terrein. Voor is dit met ’n onafhanklike suspensie toegerus en agter is ’n lewendige as. Spiraalvere voor en agter sorg vir ’n baie gemaklike ry-ervaring.

Die Fonk het 245/15-bande wat op standaardvellings met ses gate aangebring is. Met die noodwiel op die enjinkap en die battery onder die sitplek is die gewigsverspreiding goed, wat die voertuig lekker op die sand laat loop en ’n sandduin laat uitklim.

Mnr. Ewert Snyman in die werkwinkel besig om ’n veldvoertuig te bou. Hy het die ou Uri ontwerp.

EKONOMIESE AANWENDING

Die veldvoertuig beskik ook oor ’n ekonomiese (eco) aanwending wat die spoed tot 35 km/h halveer, wat vinnig genoeg is wanneer die boer of ’n plaaswerker lyndrade of pypleidings moet inspekteer. Dan hou die battery ook langer en die voertuig kan verder loop. Danksy die elektriese motor ry hy geruisloos deur die veld. “ ’n Mens bekruip die wild nogal lekker en kan ook ongewenste besoekers, soos wilddiewe, verras.”

Die Fonk het byna geen onderhoudskoste nie omdat dit nie ’n enjin het wat warm word en gediens moet word nie. Dit het nie ’n koppelaar wat moeilikheid kan gee nie, ’n uitlaatstelsel wat die veld aan die brand kan steek, ’n brandstoftenk wat deur ’n klip stukkend gesteek kan word en ’n dryfas wat kan krom trek nie.

Die voertuig is aanvanklik vir R350 000 (15% BTW ingesluit) in Namibië op die mark gesit. Hy sê die voertuig is dalk duur omdat die battery sowat 50% van die totale prys beslaan. Vanweë die koronapandemie en swakker wisselkoers het die battery se prys boonop met 40% gestyg, wat die totale prys nou nóg hoër maak.

Hy werk nou saam met mnre. Jaco Pieterse van Rumax en Willa Nolte van Kanna Industries, werktuigvervaardigers van Worcester in die Wes-Kaap. “Ons help mekaar met idees, ontwerpe en onderdele wat ons saam kan gebruik. Die wêreld waarin ons ons bevind, maak dinge tans moeilik. Die ongunstige wisselkoers het onderdele se prys die hoogte in laat skiet. Dit is hoekom ons daaraan dink om miskien ’n goedkoper, ligter en kleiner weergawe van die Fonk te ontwikkel wat bekostigbaarder sal wees.” 

NAVRAE: Len Smith, e-pos: len@btaswakop.com
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.77
+0.4%
Rand - Pond
20.16
+0.2%
Rand - Euro
17.58
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.52
+0.9%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,710.20
+0.6%
Silwer
20.87
+0.8%
Palladium
2,280.05
+2.5%
Platinum
915.50
+1.2%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,357
+2.6%
Alle aandele
65,855
+2.5%
Hulpbronne 10
63,804
+3.5%
Industriële 25
79,562
+2.6%
Finansiële 15
14,011
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Hang jou drome in die wind, sodat hulle kan leer vlieg.
My persoonlikheid is baie aanloklik Baie vriendelik en baie reguit. Hou glad nie van brand kosse nie. Hou baie van pastas asook hou van geleentheids avontuure. Buitelig mens My...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot