AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Familie span saam vir waterkrippe, plaastake

akkreditasie
Mnr. Oosie Steyn van die plaas Uitershoek by een van die betonkrippe wat hy en sy broer, 
Joseph, vervaardig.
Mnr. Oosie Steyn van die plaas Uitershoek by een van die betonkrippe wat hy en sy broer, Joseph, vervaardig.
’n Familie van planmakers se samewerking help om lastige haakplekke op die plaas uit te stryk en skep boonop ’n ekstra inkomste met die maak van betonwaterkrippe.

’n Familie van planmakers se samewerking help om lastige haakplekke op die plaas uit te stryk en skep boonop ’n ekstra inkomste met die maak van betonwaterkrippe.

Die Steyns van die Droë Karoo, soos hulle die gebied by Prins Albert en Leeu-Gamka noem, is praktiese mense wat reeds geslagte lank hul omgewing tem om hul veeboerdery produktief te bedryf. Selfs die seuns van twee broers en hul neef word by die familie-onderneming betrek.

Die kripvervaardigers is die broers mnre. Joseph en Oosie Steyn, onderskeidelik van Prins Albert en Leeu-Gamka, terwyl hul neef mnr. Stéfan Els van Port Elizabeth vir die spesiale vlotterkleppe sorg.

Vir Joseph van die plaas Rietfontein gaan dit oor die oordra van kennis om die volgende geslag se handvaardighede te ontwikkel. Sy gunsteling-leerskool was tydens sy kinderjare toe hy saam met sy oorlede pa, Ben, praktiese werk, soos die herstel van ’n windpomp, aangepak het.

Joseph se poging om sy oudste seun, Benje (18), se belangstelling in probleemoplossing te prikkel, het tot ’n eenvoudige oplossing vir ’n plaasprobleem gelei. Joseph en sy vrou, Ilze, het ook ’n dogter, Germari (’n onderwysstudent op Wellington), en nog ’n seun, Albert (15). Benje is in graad 12 aan die Langenhoven-gimnasium op Oudtshoorn en Albert in graad 10 aan die Hoër Landbouskool Oakdale op Riversdal.

Die Steyns van Rietfontein: Van links is Benje, Albert en pa Joseph. Volgens Joseph het Albert al die opgewondenheid beleef om ’n motorfiets waarvan hy die enjin help aanmekaarsit het, aan die gang te kry.

Plaasbakkie

Die Steyns se plaasbakkie, ’n Isuzu KB 250 D-TEQ 4x4 LE (2015), was die afgelope jare so taai soos die aansprake van die vervaardiger. Die knippe van die agterklap het egter van die begin af moeilikheid gegee.

Dit is twee keer in die waarborgtydperk vervang omdat die klap gedurende ritte oopval, wat die vervoer van diere riskant gemaak het. “Om dié probleem op te los, het ek daaraan gedink om ’n strook platyster op die agter- klap aan te bring en valsluitstukke agter aan die tralies.”

Joseph wou wasters met groot gate aan die punte van die platyster vassweis waardeur die valsluitstukke kon pas om die klap toe te hou. Die ouer modelle van dié bakkies was met sulke sluitstukke toegerus.

“Dit bly vir my belangrik om die seuns by die plaasbedrywighede te betrek en sodoende vaardighede aan hulle oor te dra. Ek het so baie by my pa geleer, soos hoe dinge gedoen behoort te word, maar ek kon ook uit sy foute leer om my werkwyse te verbeter.”

Hy plaas nie druk op sy seuns om te boer nie, maar “om te kan improviseer, tesame met die kennis om byvoorbeeld ’n enjin te herstel of te kan sweis, is dit nuttig om jouself te kan help as die nood druk”. Sy uitgangspunt is om tyd vir praktiese onderrig te maak tussen oorvol leerplanne, sportnaweke en koshuistyd wanneer die kinders net sommige naweke en vakansies tuis is om die plaaslewe te geniet.

Mnre. Dennis (links) en Stéfan Els wat die spesiale vlotterkleppe vir die familiebesigheid in hul motorhuis in Port Elizabeth vervaardig.

Benje se plan

“Ek het my probleem aan Benje verduidelik,” sê Joseph. “Ná ’n rukkie het hy voorgestel dat ons die bestaande knippe se monteerplekke gebruik waarop die valslotte en die plat wasters aangebring kan word. Benje het gereken sy aanpassing is minder opsigtelik as dié van sy pa en met minder moeite net so doeltreffend.

“Ons het aan die werk gespring en namate die proses gevorder het, het alles uitgewerk,” sê Joseph. “Dit is nodig om die seuns dinge te laat doen waarvan die resultaat dalk nie soos dié van ’n geoefende hand lyk nie, maar steeds goed genoeg is. Dit het die bonus van selfvertroue van ’n eerste keer se probeer.”

Volgens Joseph het die klap sedert die aanpassing gemaak is, nog nooit weer oopgeval nie.

Betonkrippe

Joseph en Oosie, sy jonger broer, maak ook betonkrippe vir veesuipings wat teen die Karoo-elemente bestand is.

Joseph het die krippe in 1986 begin maak op die plaas Uitershoek in die distrik Leeu-Gamka, waar hy eers geboer het voordat Oosie hom daar gaan vestig het. Hy het daarmee begin omdat steenkrippe betreklik maklik lek en bars, veral as dit leeg staan. “Ons het die gebreekte veekrippe met beton vervang en het dit destyds ook vir volstruise gebruik, wat toe ’n boerderyvertakking was,” sê Joseph.

Oosie het ná sy aankoms op die plaas in 1995 met die krippe voortgegaan, aangesien die nodige infrastruktuur daar was. Dit behels onder meer ’n hystoestel waarmee die krippe van sowat 250 kg elk uit die gietvorms gelig en op vragmotors gelaai word. Die Steyns lewer sowat 500 van die sementkrippe jaarliks aan koöperasies – BKB op Beaufort-Wes, Klein Karoo op Oudtshoorn, Prins Albert en Beaufort-Wes, Fraserburg en Koup-produsente op Laingsburg.

Die swak plekke in die ontwerp van die krip het mettertyd na vore gekom. Gevolglik is die gietvorm voortdurend aangepas om die duursaamheid van die krip te verleng. Die gebruiksduur van die krippe is 10-15 jaar, na gelang van die watergehalte en meganiese skade waaraan dit blootgestel word.

Drie foto’s wat die plasing van die valsluitstukke vir die bakkie se agterklap aandui. Dié aanpassing vervang die moderner knippe wat deesdae op bakkies aangebring word.

Die krippe is sedert 1987 toegerus met vlotterkleppe van hoëdigtheidspoliëtileen, en die suier, wat die watervlak reguleer, is van vlekvrye staal nadat Joseph die ontwerp aangepas het.

Die koperkleppe wat in die handel te koop is, verkalk maklik in die brak water. Dit is waar Els, ’n onderwyser, in die prentjie kom. Hy maak die kleppe in sy vrye tyd en verskaf dit aan sy neefs se Tieben-boerdery. “Joseph het my gevra om balkleppe te maak. Aangesien ek lief is vir die plaas, het ek dié geleentheid aangegryp.”

Els se seun, Dennis, is ’n student in megatroniese ingenieurswese in sy tweede jaar, en sit ook hand by. “Hy het saam met my in die motorhuis grootgeword, waar ek houtwerk gedoen het. Selfs my 15-jarige dogter, Anri, help met die knip van die rekke wanneer haar sakgeld min raak.

“Ek het al vele male by boere gehoor dat dié balklep jou nooit in die steek sal laat nie. Dit is een van die min kleppe wat nie verkalk nie. ’n Balklep wat nie werk nie, kan groot skade tot gevolg hê. Vee kan weens ’n foutiewe balklep dae lank sonder water staan, of jy kan groot skade ly deur waterverlies.”

Dit is ’n eenvoudige konsep wat in die geval van ’n verstopping maklik skoongemaak kan word. Dan word die klep bloot met die hand losgedraai en met ’n stokkie skoongemaak. Dit gebeur egter baie min, aangesien die gat groot genoeg is vir die meeste vuiligheid om deur te gaan. “Ons vervaardig drie soorte kleppe, naamlik hoë-, medium- en laedruk. Elke klep word eers getoets voor ons dit verkoop.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.85
-1.2%
Rand - Pond
20.15
+0.4%
Rand - Euro
17.60
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.53
-0.6%
Rand - Jen
0.12
-0.8%
Goud
1,708.66
-1.0%
Silwer
20.34
-3.4%
Palladium
2,252.50
-3.0%
Platinum
914.00
-2.1%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.0%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opskrif
Ek is fun Om mee SAAM te wees. Hou van lag en Om te bederf. Hou van Kos maak, movie, shopping, uit eet, rond te loop in malls love Dans rugby braai . Om te hug hande vas the Hou...
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot