Boere in die Benede-Oranjeriviergebied kry in Augustus só ’n leergeleentheid.
Boere in die Benede-Oranje-riviergebied het die voordele van meestal genoeg water, goed gedreineerde grond en relatief lae humiditeit. Ongelukkig spring hulle nie die klimaatsdruk en duur insette vry nie, maar ook daar maak boere planne.
Mnr. Charl Baard van Charl Baard Landbouprodukte op Keimoes sê die hoë en stygende koste van kunsmis en landbouchemiese middels laat boere in dié gebied, wat van Groblershoop tot Onseepkans strek, stadig maar seker na ander maniere kyk om plante te voed en plae te bekamp.