AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Ingenieurs-plaasbrein skep eie reeks grondwerktuie

akkreditasie
Mnr. Jed van Niekerk by die inlynskeurploeg, ’n stewige werktuig wat gebou is om te hou en maklik is om te onderhou. Hierdie werktuig kos R287 500.
Mnr. Jed van Niekerk by die inlynskeurploeg, ’n stewige werktuig wat gebou is om te hou en maklik is om te onderhou. Hierdie werktuig kos R287 500.
’n Kontrakteur wat landerye vir boere voorberei én hul oeste insamel, het agtergekom daar is ’n behoefte aan bekostigbare, sterk werktuie wat veral grond bewerk en vir Suid-Afrika se uiteenlopende toestande geskik is. Hy het begin om doelmatige werktuie te ontwerp en het nou ’n volwaardige fabriek waar hy dit vervaardig.

’n Kontrakteur wat landerye vir boere voorberei én hul oeste insamel, het agtergekom daar is ’n behoefte aan bekostigbare, sterk werktuie wat veral grond bewerk en vir Suid-Afrika se uiteenlopende toestande geskik is. Hy het begin om doelmatige werktuie te ontwerp en het nou ’n volwaardige fabriek waar hy dit vervaardig.

Die meeste boere kan ’n plan maak, maar ’n boer met ’n ingenieursbrein het binne net vier jaar ’n onderneming tot stand gebring wat werktuie vervaardig wat gemik is op minimum grondbewerking. Hy het nie minder nie as 53 mense in diens.

Hoewel mnr. Jed van Niekerk van Kokstad in KwaZulu-Natal ’n boerdery-agtergrond het, het hy ook ’n liefde vir masjinerie en ingenieurswese. As kontrakteur het hy gevind ingevoerde werktuie werk goed, maar deug nie altyd vir die ruwe Afrika-toestande nie.

Hy het sy N6-kwalifikasie in meganiese ingenieurswese in 2005 aan die Pietermaritzburgse Technikon verwerf. Sy familieplaas is in 2007 aan die regering verkoop, en ’n jaar later het hy Jed Jedidiah Farming BK (wat beteken geliefde van God) gestig.

Al hul werktuie is geskik vir minimumbewerking, wat beteken die kleinste hoeveelheid grond word versteur en bewerk.

Van Niekerk en sy span bou ook paaie en damme, strooi kraalmis op landerye uit en sny kuilvoer.

Volgens Van Niekerk werk ingevoerde werktuie in die meeste toestande goed, maar in klipperige grond skiet dit soms tekort. Verder is dié werktuie weens die ongunstige wisselkoers duur om te koop en te onderhou.

Hierdie strookbewerkingswerktuig het ses rye. Die rollerhokke agterop word hidroulies beheer, en ekstra druk kan toegepas word om kluite stukkend te breek en ’n beter saadbedding te maak. Die werktuig is toegerus met ’n korrelkunsmistoediener en kan gestel word om die kunsmis te lewer presies waar dit nodig is. Die geel tenk voor op die trekker hou die kunsmis en die geel pype lewer dit. Hierdie weergawe kos R644 000 (die tenk uitgesluit). Al die pryse sluit BTW in, maar afleweringskoste uit.

Jedidiah het agt jaar lank aangekoopte werktuie uitgekontrakteer en verhuur voordat hy in 2016 sy eie werktuie begin ontwikkel het. Sodoende kon hy probleme wat hy met ander werktuie ondervind, uitskakel. Sy eie werktuie is by ander boere getoets om dit verder te verbeter.

“As kontrakteur verstaan ek boere se frustrasies en wat nodig is om die werk te doen. Ek kon dié kennis gebruik om gepaste werktuie te bou,” sê Van Niekerk. “Nou is ek tevrede dat my werktuie sterk en doeltreffend is en vinnig werk om ’n groot stuk grond op ’n dag baas te raak. Onderdele is maklik verkrygbaar en bekostigbaar.”

Nadat plaaslike boere begin het om bestellings te plaas, het die werkswinkel in die agterplaas spoedig ’n volledige fabriek geword. Vandag werk daar 18 mense in Jedidiah se vervaardigings- en 35 in die kon- trakteursafdeling.

Strookbewerkingwerktuig

Van Niekerk is baie trots op sy strookbewerkingwerktuig (strip till). Dit maak slegs grond in die planterry los waar die saad geplaas gaan word en doen dus minimumbewerking. Die gereedskapbalk is baie sterk en word van 180 mm x 180 mm x 10 mm staal gemaak.

Die standaardmodel werk tot op ’n diepte van 300 mm, terwyl die swaardiensmodel 300-550 mm diep kan werk.

Van Niekerk besef dat boere se behoeftes verskil. Daarom bou hulle hierdie werktuie volgens die boer se spesifikasies. Daar is verskeie variasies beskikbaar, naamlik vier tot twaalf rye, ’n vaste of opvoubare gereed- skapbalk en 76 cm- of 91 cm-ryspasiëring.

Die werktuig het ’n hidrouliese oorladingsbeskermingstelsel op die snytand omdat dit teen 8-10 km/h werk om ’n goeie saadbedding te maak en beskadig kan word as dit ’n klip tref. Danksy dié stelsel beweeg die tand dan uit die pad van die versperring, waarna dit weer outomaties na sy normale posisie terugkeer.

Die strookbewerkingwerktuig van die kant gesien. Van links is die dieptebeheerwiele, snykou- ters, vingerkouters, skeurtande, golwende kouters en rollerhokke. Die werktuig het ’n verstel- bare hidrouliese oorladingsbeskermingmeganisme wat die skeurtandploeg help om uit die pad van enige versperring te beweeg en skade aan die werktuig voorkom.

Maklike verstellings

Die werktuig word verskaf met twee moersleutels waarmee die meeste verstellings maklik gedoen kan word. Dieptebeheer geskied met behulp van ’n pen aan die tande en wiele.

Terwyl die werktuig beweeg, kan die trekkerbestuurder die druk op die tande hidroulies verminder wanneer die grond baie klipperig is en die druk weer verhoog wanneer losser grond bewerk word. Net so kan die druk op die rollerhok verhoog word om uitermatige groot kluite te breek.

Van Niekerk beskryf sy strookbewerker as baie doeltreffend. Die 550 mm-snykouter kan deur swaar oesreste sny.

Direk agter dit is twee verstelbare, bewegende kouters wat soos vingers lyk om die kaf weg te krap. Dan volg ’n snytand wat 300-550 mm diep werk, twee golwende kouters wat die saadbedding tot ’n diepte van 100 mm maak, en rollerhokke wat oorblywende kluite stukkend breek.

Daar is verskillende rollerhokke vir ver- skillende grondtipes. Kunsmisbakke kan agter die snytande aangebring word om kunsmis presies toe te dien. Die strookbewerkingwerktuig moet volgens die boer se planter ingestel word.

Dit is moontlik om die werktuig te gebruik waarop groen dekgewasse geplant is, maar dit hang van die wortelmassa in die grond af. As dit te veel is, is dit moeilik om ’n geskikte saadbedding te maak. Dit is beter om eers glifosaat-onkruiddoder te spuit en te wag totdat die wortels dood is, voordat ’n saadbedding gemaak word.

Die grondroller breek kluite en berei die land voor vir ’n goeie saadbedding. Dié werktuig kos R379 500.

Inlynskeurploeg

Van Niekerk se inlynskeurploeg is ontwerp om verdigtingslae in die grond los te maak met die minimum versteuring van die bogrond. Melkboere van KwaZulu-Natal boer met groot getalle koeie in ’n hoëdigtheidweidingstelsel. Die verdigting wat deur die koeie se kloue veroorsaak word, is nadelig vir die grond en beïnvloed die opbrengs op die land. Dié boere plant multispesie-, meerjarige weiding wat elke drie jaar oorgeplant word. Die inlynskeurploeg word dan gebruik om verdigte lande te vernuwe.

Die werktuig stimuleer die weiding se groei, verbeter wateropname en beperk die wegvloei van water. Die skeurploeg kan ook verdigte lae in mielielande opbreek en gebruik word om kunsmis toe te dien.

Die werktuig bestaan uit twee basiese dele, naamlik ’n snykouter en tand. Die tand het drie onderdele (skoen, skeenskut en vlerk) wat maklik vervang kan word. Die vlerke voer ’n oorkruisbewerking uit om verdigtingslae te breek.

Die skeurploeg is beskikbaar met drie tot nege rye. Enige ryspasiëring kan gebruik word, maar 76 cm is die gewildste. Daar is verskillende opsies vir rollerhokke om by die grondtoestande te pas.

Grondroller

Hy vervaardig ook ’n grondroller om kluite stukkend te breek en ’n baie fyn saadbedding te maak. Dit werk 7 m wyd en het skrapers wat die roller vanself skoonmaak. Die werktuig vou op, wat dit gerieflik maak om vervoer te word en deur hekke daarmee te kry. ’n Trekker van 50 kW kan die roller trek. Die dromme het proppe sodat dit met water gevul kan word as meer gewig nodig is.

Van Niekerk se onderneming vervaardig ook ’n planter.

Navrae: Mnr. Jed van Niekerk, e-pos: jedvanniekerk@gmail.com, 082 419 4464.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.15
-0.8%
Rand - Pond
20.13
-0.2%
Rand - Euro
17.68
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,694.80
-1.1%
Silwer
20.13
-2.6%
Palladium
2,192.88
-3.1%
Platinum
916.50
-1.0%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,280
-0.2%
Alle aandele
65,676
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,505
-0.7%
Finansiële 15
14,072
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot