Die gewilde boereplanne-kompetisie op die Nampo-oesdag lewer al jare lank uitstekende voorbeelde van boere se vindingrykheid op en vergestalt die gesegde van ’n boer maak ’n plan.
Dit lok van boere wat jaar ná jaar planne inskryf, tot deelnemers wat vir die eerste keer ’n kans waag. Duisende besoekers gaan kyk ook elke jaar na die inskrywings. Vanjaar is prysgeld van altesaam R50 000 op die spel.
Planne kan in die volgende kategorieë ingeskryf word: