AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

KYK: Nat sojalanderye laat boer unieke plan maak

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Werker op die plaas Welverdiend naby Middelburg in Mpumalanga sny ryp sojas met ’n onkruidsnyer af. Foto: Carel Opperman
’n Werker op die plaas Welverdiend naby Middelburg in Mpumalanga sny ryp sojas met ’n onkruidsnyer af. Foto: Carel Opperman
As die lande te nat is om te stroop, dan maak ’n boer ’n ander plan.

Die afgelope week is ’n video wyd gedeel waarin daar gewys word hoe ’n werker rye ryp sojaboonplante met ’n onkruidsnyer afsny.

Dié plan het vir hom tussen 18 en 19 ton sojabone gelewer wat andersins uit die peule sou spring en nutteloos op die grond sou val, sê mnr. Carel Opperman van C&J Boerdery op die plaas Welverdiend naby Middelburg in Mpumalanga. Toe dit tyd word om die sojabone te stroop, was sy landerye so nat dat die stroper sommer al op die wenakker vasgesit het.

“Ek het net besef dit is ’n klomp geld wat ek gaan verloor; ek het rekeninge om te betaal en kon nie die sojas net daar los nie.”

Hy het 9 ha sojabone op dié manier met die onkruidsnyer gesny en die werkers het toe met vurke daarvan hope gemaak. “Ons het dit op die sleepwa gelaai en dit op windrye gaan gooi waarna ons dit met die stroper gestroop het.”

Die plan is al voorheen uitgevoer, sê Opperman. “Ek’t destyds vir ’n buurman van my gewerk en ons het dit lank terug daar by hom gedoen. Hierdie jaar moes ons dit noodgedwonge weer doen en toe het ander ouens ons nagevolg.”

Hy sê sommige werkers het aanvanklik hul koppe geskud en lekker onder mekaar gelag omdat hulle nou sojabone met onkruidsnyers moet “oes”.

’n Bonus

“Hulle het beurte gemaak met die onkruidsnyer en ek het gesê die ouens wat vinniger vorder, sal ’n bonus kry. Dít het gesorg dat ons sommer binne ’n japtrap klaar was.”

Daar was van oral in die somersaaigebied berigte van boere wat gedeeltes van hul sojaboon-aanplantings nie kon stroop nie, weens lande wat te nat was, sê mnr. Corné Louw, senior ekonoom van Graan SA. “Ek hoor nou nog van sojaboonprodusente wat nou eers weer aan die stroop kom, ná die reën wat in Mei geval het. Hierdie tyd in die verlede was die oes reeds af.”

Louw verduidelik dat ’n sojaboon nie soos ’n mielie baie lank op die lande kan staan sonder om iets oor te kom nie. “Jy moet hom stroop wanneer hy gereed is daarvoor. Dis hoekom mense vir jou sal sê as jy beplan om sojabone te plant, moet jy sommer klaar die stropers koop.”

Dit is nog onduidelik hoe groot die impak van die vertragings en moontlike oesverlies op die uiteindelike grootte van die nasionale oes sal wees, sê Louw. “Natuurlik is die impak vir die individuele boere van enigiets wat hulle nie gestroop kry nie, wesenlik. Maar ons sal eers ’n idee van die geheel-impak begin kry as die volgende oesskatting in die laaste week van Junie uitkom. Maar dat daar wel ’n impak is, is definitief die geval.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.18
-1.2%
Rand - Euro
17.73
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.33
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.26
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot