Met toestelle vir plaaswerk wat van die uitroei van onkruid tot aangepaste planters strek, het mnr. Michris Janse van Rensburg van die plaas Mooiuitsig, Bultfontein, nou al byna kultusstatus bereik.
Daarom het mnr. Johan Vorster van River Bioscience in Gqeberha Janse van Rensburg genader om die akkuraatheid van hul ingevoerde toedieners vir die bestryding van die valskodlingmot in sitrusboorde te verbeter.
Hierdie toedieners het nie die gewenste 550 kontakpunte of 1 kg van die feromoon per hektaar bereik nie. Janse van Rensburg het toe ’n robuuste dog gebruikersvriendelike feromoontoediener uit staal gemaak.