AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9340
-83,00
CORN
28 Sep
-
4851,2
34,20
SOYA
28 Sep
-
9364
-33,00
SUNS
28 Sep
-
9975
79,00
WEAT
28 Sep
-
7046
-7,00
WMAZ
28 Sep
-
4888
48,00
YMAZ
28 Sep
-
4737,8
55,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Maak só jou eie erdwurmtee

akkreditasie
FOTO1
FOTO1
’n Boer van KwaZulu-Natal het die opbrengs op die swakste grond op haar suikerrietplaas verdubbel deur erdwurmkompos te gebruik. Sy maak dit self en maak ook erdwurmtee wat as grondbemesting en blaarvoeding gebruik word. Dit is goedkoop en maklik om te maak.

’n Boer van KwaZulu-Natal het die opbrengs op die swakste grond op haar suikerrietplaas verdubbel deur erdwurmkompos te gebruik. Sy maak dit self en maak ook erdwurmtee wat as grondbemesting en blaarvoeding gebruik word. Dit is goedkoop en maklik om te maak.

Danksy die toediening van tuisgemaakte kompos, kompostee, organiese materiaal en kalk het me. Chloe Clegg, ’n suikerriet-en-groenteboer van Harding, binne drie jaar die suikerrietopbrengs op die swakste grond op hul plaas, Claremont, van minder as 45 t/ha tot meer as 90 t/ha verbeter sonder om meer chemiese kunsmis toe te dien. Clegg het in 2011 ’n graad in bewarings- ekologie aan die Universiteit Stellenbosch verwerf.

Sy sê die bewaring en uitbou van natuurlike hulpbronne en biodiversiteit kan deel vorm van konvensionele, kommersiële landbouproduksie. “Die erdwurmkompos bevat uitskeidings van die wurms wat ryk is aan oplosbare voedingstowwe wat plante kan opneem. Dit bevorder produksie. Die kompos bevat ook ’n verskeidenheid voordelige mikrobes, wat die eintlike rede is hoekom ons aanvanklik hierdie proses aangepak het. Die waarde van hierdie swart goud is opgesluit in die mikrobe-lewe.”

Clegg beklemtoon die kompos en kompostee is slegs boublokke in die breër strategie om grondgesondheid op die plaas te verbeter. “Dit is nie ’n kitskuur nie, maar daarsonder gaan jy ook nie by die eindbestemming van goeie grondgesondheid kan uitkom nie.

“ ’n Voorbeeld is die grond se kalsiuminhoud. In ons swakste grond was die kalsiuminhoud baie laag. Gevolglik kon water omtrent glad nie indring nie, omdat grond wat laag is in kalsium, geen grondstruktuur het nie en toeslaan.

“Ons sou nie die grondstruktuur kon herstel en die grond produktief maak sonder om eers die kalsiuminhoud met behulp van kalk reg te stel nie, ondanks die verskeidenheid en getal mikrobes wat ons in die grond sou kon voeg. Grondgesondheid gaan dus oor meer as net kompos en kompostee.

“Ons pas ’n eenvoudige praktyk toe wat ander boere sonder te veel moeite en koste op groot skaal op hul eie plase kan probeer.”

KOMPOS

Clegg sê die maak van die kompos is vir hulle ’n manier om eerder kos vir erdwurms in erdwurmkomposhope te maak as wat dit ’n proses van kompostering is.

“Ons het nie die vermoë op die plaas om hierdie proses volgens streng wetenskaplike beginsels en as ’n volwaardige produksie-afdeling te bestuur nie. Ons het onsself dus só ingerig dat ons die proses op ’n ekstensiewe manier kan bestuur en met robuuste aktiwiteite steeds maksimum voordeel daaruit kan trek. My aanbevelings is dus nie ’n resep nie, maar riglyne wat jou in staat gaan stel om jou eie, pasgemaakte proses op die plaas te ontwikkel.”

Kompostering is ’n noodsaaklike proses om te verseker dat erdwurms nie doodbrand terwyl hulle die waardevolle voedingstowwe in die materiaal tot plant-opneembare samestellings verwerk nie. Let op die volgende: Gebruik materiaal wat reeds op die plaas beskikbaar is. Begin met ’n 4:1-verhouding van koolstof teenoor stikstof. Die kompos sal ná sowat ses tot agt weke gereed wees om vir die wurms te voer. Draai en besproei die komposhoop een keer per week.

“Ons gebruik hoofsaaklik materiaal wat reeds op die plaas beskikbaar is. Ons is gelukkig om suikerrietreste, boombas en saagsels van die kommersiële bloekom- en denneboomplantasies te hê. Dit maak finansieel nie sin om materiaal in groot maat na die plaas toe te vervoer nie, tensy dit oor ’n kort afstand en die materiaal gratis is.

“Die groot hope ( FOTO 1 ) wat soos kalk lyk, is saagsels wat ons by ’n nabygeleë saagmeule gekry het. Enige materiaal kan gebruik word om kompos te maak. Bloed is fantastiese voedsel vir mikrobes. Slaghuis- en kombuisafval kan dus goed werk in ’n komposhoop voordat dit vir die wurms gevoer word. Groente met sterk reuke, soos uie en knoffel, moet egter eers gekomposteer word voordat dit vir die wurms gevoer word.

“Ons mikpunt vir onverwerkte materiaal is om met ’n koolstof-tot-stikstof-verhouding van vier tot een te begin. Maak seker jy het vier keer meer bruin materiaal (boombas, saagsels en houtstukke) as groen materiaal (suikerriet, mis en groen gras). Hoendermis, varkmis, beesmis en perdemis werk goed om die stikstof te vermeerder en die komposteringsproses aan die gang te sit. (Die tekstuur van die onverwerkte materiaal is op FOTO 2 .)

FOTO2

“Na gelang van die tyd van die jaar sal die toevoeging van stikstof die tempo van kompostering aanhelp. Hoe warmer dit is, hoe vinniger sal die proses plaasvind.

“Vogbestuur is belangrik. Daar moet klammigheid in jou hand agterbly as jy die materiaal optel, maar daar moenie water uit die hoop loop nie. Die komposteringsproses sal ophou indien die vog nie voldoende is nie. Die hoop sal dan koud raak. Die komposhope hoef egter nie so nat soos die wurmhope te wees nie. Die hope kan een keer per week gedraai word of wanneer die temperatuur sowat 60 °C bereik.

“Die komposteringproses is afgehandel sodra die harder materiaal, soos houtstukke, nog heel maar sag genoeg is om met jou vingers stukkend te druk. Om te keer dat die materiaal verder komposteer, kan die hoop uitgedroog word. Dit sal die proses stopsit, maar dit is ideaal om die materiaal so gou moontlik vir die wurms te voer omdat die komposteringsproses nooit heeltemal ophou nie.

“As die hoop te veel komposteer, kan nuwe materiaal bygevoeg word om die proses van voor af te laat begin,” sê Clegg.

ERDWURMKOMPOS

Erdwurmkompos word in windrye gemaak en bestaan uit die gekomposteerde materiaal waarin rooi erdwurms (Eisenia fetida) voorkom ( FOTO 3B ).

FOTO3B

Rigting en grootte. Die windrye word van oos na wes uitgelê om te verseker die hope het ’n warm en ’n koue kant. Die hope is sowat 1,5 m breed en 0,75 m hoog ( FOTO 3 ). Dit word klam gehou deur middel van besproeiing met mikrospuite.

FOTO3

Tekstuur bepaal gereedheid. Clegg bepaal op grond van die tekstuur van die materiaal wanneer die wurms die hope genoeg deurgewerk het. Sodra daar nie meer groot, onverwerkte stukke materiaal is nie en die kompos ’n donker kleur en bros, maar fyn tekstuur het, is die materiaal reg om te gebruik ( FOTO 4 ).

FOTO4

Die tydverloop verskil na gelang van die weerstoestande en die aard van die materiaal wat in die hope gebruik is. Die wurms sal ander kos begin soek wanneer die hope nie meer kos bevat nie.

Nuwe erdwurmkos aan die suidekant. Die nuwe materiaal wat reeds gekomposteer is, word aan die suidekant, naamlik die skadukant van die windrye, bygevoeg. Die wurms sal die ou hoop binne dae verlaat en na die nuwe hoop trek omdat daar meer kos is. Die verwerkte kompos kan dan met laaigrawe en kantelwaens verwyder en op ander ’n hoop gegooi word.

“Oes” in September. Clegg “oes” die erdwurmkompos een keer per jaar om arbeid te verminder. Die finale produk word sonder bedekking op ’n hoop gelos. Sy gebruik dit van die hoop af soos sy dit nodig kry. Hierdie werkwyse vereis min arbeid en verseker dat die wurms aan die lewe bly. Die wurms lê regdeur die jaar eiers. Hoewel die getalle in die winter effens afneem, word die hope binne enkele weke verwerk.

Bedek die komposhoop. Wanneer die erdwurms van die verwerkte na die nuwe hope oorgetrek het en die verwerkte hope verwyder is, moet die nuwe hope met 150-200 mm ongekomposteerde droëmateriaal bedek word. Droë suikerrietreste word hiervoor gebruik ( FOTO 5 ).

ln020720 ChloeKomposPrakties5_
FOTO5

Dit bevat nie stikstof nie en sal dus nie sommer komposteer nie. Dit bied aan die wurms ’n plek waarheen hulle kan ontsnap as die komposhoop nog te veel stikstof en ongekomposteerde materiaal bevat en die temperatuur dus te hoog raak.

“Ons het besluit om ’n strooier te koop omdat ons nou genoeg erdwurmkompos het. Ons dien nou tot 10 ton erdwurmkompos per hektaar toe. Met die kompostee kan ons die hele hektaar met net 30-50 kg behandel. Indien jy dus nie genoeg kompos het nie, is die tee ’n goeie manier om meer voordeel daaruit te kry. Die tee kan ook baie doeltreffend as ’n blaarvoeding gebruik word om sukkelende plante ’n hupstoot te gee,” sê Clegg.

WURMTEE MET WOEMA

Omdat hulle aanvanklik nie ’n strooier gehad het om die erdwurmkompos op die landerye te kry nie, was Clegg op soek na ’n goedkoop dog produktiewe metode. “Dit is toe dat ons besluit het om die kompostee te maak, want ons het reeds balkspuite gehad waarmee ons die tee kon toedien. Die erdwurmtee word hoofsaaklik as ’n blaarvoeding toegedien teen 1 500 liter per hektaar.”

Optimale konsentraat. “Ons maak die erdwurmtee in watertenke van 1 000 liter. Ons gebruik 40 kg erdwurmkompos per 1 000 liter, maar hierdie samestelling kan na gelang van die behoeftes op die plaas aangepas word. Ons vul twee geweefde kunsmissakke van 50 kg elk met 20 kg kompos. Hierdie sakke word dan soos teesakkies in die water in die tenk gehang.

“Ons het die finale produk ’n paar jaar gelede getoets. Wat getalle en verskeidenheid betref, was ’n groot hoeveelheid mikrobes in die produk aanwesig. Ek wil dit weer doen om die voedingstofinhoud en biologie te toets omdat die tegnologie sedertdien baie verbeter het,” sê Clegg.

Suurstof en energie. Die deurlugting van die kompostee word met ’n vindingryke, tuisontwerpte stelsel gedoen. Die proses begin met ’n hoëvolumepomp wat atmosferiese lug in ’n hooflyn van 40 mm pomp. Dié hooflyn bevat aftappunte met krane boaan elke tenk waarin die tee gemaak word ( FOTO 6 ).

ln020720 ChloeKomposPrakties6_
FOTO6

Die koppelpyp waardeur die lug van die hooflyn af tot in die tenk vervoer word, is ’n plastiekpyp van 25 mm wat reguit afloop tot onder in die tenk. Dit verdeel dan op ’n T-stuk wat op ’n sirkelraam met ’n radius van 0,5 m gemonteer is. ’n Paar gaatjies van 3 mm is in die sirkelpyp geboor waardeur die lug gepomp word. Die suurstof is noodsaaklik vir die vermeerdering van die mikrobes, maar dit het ook energie nodig om te kan vermeerder. Hiervoor voeg Clegg 1,5 liter melasse per 1 000 liter water toe om energie vir die mi- krobes te verseker. Die tee word vir 18-24 uur deurlug voordat dit gebruik word.

Verryking van die kompos. Na gelang van die gewas waarop die tee toegedien gaan word, sal maksimum 150 kg ureum by die kompostee in die tenk gevoeg word om ekstra stikstof vir die gewasse te verseker. Dit lewer ’n stikstofoplossing van 6%. Suikerriet kan hierdie hoë dosis opneem sonder om skade op te doen.

’n Oplossing van 2% kan aan sekere groente, soos kopkool, toegedien word. Sagte groente, soos spinasie en kropslaai, kan nie ’n oplossing van meer as 0,25% hanteer nie. Mikrobevoedingstowwe in die vorm van 1 kg humate en 1 kg fulviensuur word ook by elke tenk kompostee van 1 000 liter gevoeg.

Gebruik dadelik die tee. Nadat die tee gemaak is, word dit afgetap en na die landerye vervoer in tenke van 2 500 liter elk wat op ’n wa gemonteer en met ’n petrolkragopwekker toegerus is. By die tee in die tenke word 750 ml Afrikelp, ’n seewier-groeistimulant, en 750 ml Supergrow, ’n vismeel-en-seewier-groeistimulant, gevoeg. By die landerye word die tee in ’n spuitpomp gepomp en dadelik toegedien.

Indien die tee te lank in die tenke bly staan, kan dit anaërobies raak en veroorsaak dat die mikrobes vrek. Dit sal die hele proses ongedaan maak. Sodra die tee in die grond toegedien is, is genoeg suurstof beskikbaar. Die tee kan tydens planttyd in die plantvoor toegedien word, of as ’n blaarvoeding op jong plante.

Me. Chloe Clegg

RAAD EN ONDERSTEUNING

Die boek The worm farmer’s handbook van Rhonda Sherman was vir Clegg waardevol toe sy begin het om erdwurmkompos en -tee te maak. “Die proses verg noukeurige waarneming, maar sodra jy besef wat die beste in jou boerdery gaan werk, is dit ’n ekstensiewe stelsel met ’n goeie beloning.

“ ’n Erdwurmboerdery is egter nie die enigste antwoord as jy herlewingslandbou wil toepas nie. Daar is baie kundiges in Suid-Afrika wat raad kan gee. Mnr. Gary Farr, ’n plantvoedingkonsultant, is een van my mentors. Hy beskik oor ’n breë kennis van grondgesondheid en ek kan my besluite by hom toets.”

RUIL KENNIS UIT

Die herfsbyeenkoms van die Olifants-herlewingslandbougroep is op 27 Mei vir die eerste keer aanlyn gehou met die samewerking van Landbouweekblad en Madumbi. Meer as 200 boere en belangstellendes het ingeskakel. Me. Chloe Clegg, ’n suikerriet-en-groenteboer van KwaZulu-Natal, was een van die sprekers. Haar aanbieding het tot baie goeie deelname van die gehoor gelei.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
+1.0%
Rand - Pond
19.42
-0.5%
Rand - Euro
17.37
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,659.31
+1.9%
Silwer
18.90
+2.8%
Palladium
2,150.51
+3.6%
Platinum
865.78
+1.4%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,413
-0.4%
Alle aandele
63,808
-0.3%
Hulpbronne 10
57,878
+1.5%
Industriële 25
78,523
-1.0%
Finansiële 15
14,099
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot