AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Rissiesous brand bokke se bekke (en ander planne teen plae)

akkreditasie
Danksy groot groen gordels op Graham Beck Wines se plaas in die Robertson-distrik is daar ’n oorvloed natuurlewe op die plaas. Mnr. Pieter Fouché, wingerdboukundige, streef daarna om saam met die natuur te boer en nie voor die voet plae uit te roei nie.
Danksy groot groen gordels op Graham Beck Wines se plaas in die Robertson-distrik is daar ’n oorvloed natuurlewe op die plaas. Mnr. Pieter Fouché, wingerdboukundige, streef daarna om saam met die natuur te boer en nie voor die voet plae uit te roei nie.
’n Groot deel van mnr. Pieter Fouché, wingerdboukundige by Graham Beck Wines, se vreugde as boer lê in die natuur. Hy maak dus gedurig planne sodat sy boerdery se bedrywighede nie die natuur té veel versteur nie.

’n Groot deel van mnr. Pieter Fouché, wingerdboukundige by Graham Beck Wines, se vreugde as boer lê in die natuur. Hy maak dus gedurig planne sodat sy boerdery se bedrywighede nie die natuur té veel versteur nie. 

Hy glo nie daarin om goedsmoeds ’n jagpermit te kry om probleemdiere uit te roei of die naaste gifkan nader te trek om wingerdplae te bekamp nie.

Mnr. Pieter Fouché, wat sedert 1995 wingerdboukundige op Madeba, die tuiste van Graham Beck Wines, op Robertson is, meen daar is altyd ’n manier om eerder sáám met die natuur te boer.

Die plaas was een van die Wêreldnatuurlewefonds (WWF) se eerste bewaringskampioene, danksy sy omgewingsbewaringsprojekte, verantwoordelike produksiepraktyke, geïntegreerde omgewingsbestuurspraktyke en water-, energie- en klimaatsdoeltreffende optrede.

Die filosofie is nie net gemik op groot projekte, soos die Rooiberg Breederivier Bewarea, wat hy saam met buurplase op die been gebring het, of die indrukwekkende sonkragstelsel by die kelder nie, maar syfer ook deur na kleiner, alledaagse plaaspraktyke.

Met sowat 2 000 ha onder bewaring is die groen gordel op die plaas, met sy inheemse, natuurlike plantegroei en kleinwild, ’n aanwins. “Dis ongelukkig nie altyd prakties in jou boerdery nie. Bokkies en hasies kom in daardie omgewing voor en jong wingerde aangrensend aan die natuurlike veld is maar altyd in hul visier,” vertel Fouché.

Mnr. Pieter Fouché in een van die wingerde op Graham Beck Wines se Madeba-plaas.

Bokke se bekke brand

Daar word vertel ’n duiker of Kaapse grysbokkie kan jaarliks tot 4 ton druiwe per hektaar opvreet (veral as jy in ag neem dat hulle graag jong trossies vreet). Fouché sê in elke derde, vierde wingerdblok woon ’n “residensiële grysbokkie of duikertjie”.

“Ek weet dit, daarom boer ek só dat ek ’n bietjie ekstra druiwe produseer. Ek maak seker ons kry steeds die 15-18 t/ha wat die kelder verlang, maar ek sit nog ’n bietjie by vir die diere en voëls,” vertel Fouché. “Dis my beleid in gevestigde wingerde, maar in jong wingerde kan ons nie so baie druiwe aan die stok sit nie. Jy is nie eintlik agter ’n oes aan nie, maar agter groei en die jong wingerde se groeipunte en blare loop dikwels deur.”

Die maklike uitweg is natuurlik om ’n permit te bekom om die probleemdiere te skiet. Dit sit egter nie gemaklik met Fouché nie. “Ek wil nie jag nie; ek glo darem ek kan beter boer as dit.”

Hy het ’n sterk rissie-ekstrak in die hande gekry waarmee hy ’n tee maak wat hy aan die wingerde spuit. Hy spuit gewoonlik die jong wingerde so een tot twee keer per maand tydens die aktiewe groeiseisoen – van einde September tot April. Hoewel ’n mens “taamlik kan toor soos jy wil, na gelang van die gehoorsaamheid van die bokkies”, meng Fouché 150 ml van die warmsous met 500-1 000 liter water. Die wingerd word dan met ’n spuitkar deeglik natgespuit.

“Ons spuit sowat 500 liter op ’n hektaar. As die bokkie of haas daar vreet, kry hy ’n bietjie brandbek. Dit irriteer hom meer as enigiets anders en kan nie jou plant skade doen nie. Hoewel ons altyd om veiligheidshalwe sowat drie dae wag voor ons in die wingerd werk, kan jou werkers suier of lote oplei en met hul hande daaraan vat, dit sal nie brand nie.”

Fouché sê as die diere aan die warmsous geproe het, maak hulle vinnig ’n konnotasie met die reuk. “Hul smaak- en reukorgane is baie goed ontwikkel, en die volgende keer hoef hy net die rissie te ruik, dan gee hy pad. Dit werk baie goed.”

Die spesifieke produk word ingevoer, maar het sedert 2018 ongelukkig onverkrygbaar geraak. Sedertdien probeer Fouché sy eie maak. Hy koop ekstra-ekstrawarm voedselgraad-rissiesous in groot maat aan en giet dit deur ’n sif om van die soliede deeltjies ontslae te raak. “Ek gebruik elke keer 5 liter van die sous en het dit al met 100 liter, 200 liter, 300 liter, 400 liter en 500 liter gemeng en gespuit. Ongelukkig kon ek nog nie regtig dieselfde resultaat kry nie, want die oorspronklike warmsous is baie gekonsentreerd.”

’n Ander plan is om die rissiesous met petroleumjellie te meng en op die buitekoppe van wingerdpale te smeer. Hy hoop die diere sal die reuk “assosieer met bekbrand”. Intussen maak hy staat op Jeyes Fluid en werkwinkel-afvallap. Hy skeur die lap kleiner en doop dit in dié huishoudelike ontsmettingsmiddel wat karbolsuur bevat. Dit word dan by die kop-pale en tussen wingerdstokke gehang. “Die karbolsuur het ’n effense klankie wat die diere afsit.”

Dis ’n duur oplossing, en hy gebruik dit dus net in probleemgebiede. “Jy moet dit weekliks doen. Tot dusver gee dit beter resultate as die petroleumjellie-plan, maar dis ook nie so doeltreffend soos die oorspronklike warmsous nie.”

Boksous! Dié doepa werk uitstekend om bokkies en hase twee keer te laat dink voor hulle aan jong druiwetrossies knibbel.

Geveerdes vasgevat

Voëls kan net so lastig raak in ’n wingerd, veral as hulle eers ’n aptyt vir lekker soet druiwe ontwikkel het. Fouché het by elke wingerdblok ’n roofvoël-paal opgerig. Sy wingerde se koppale steek sowat 1,8 m bo die grond uit. Hy verleng dit met nog ’n paal van 2,7 m om ’n hoogte van minstens 4 m te bereik. Aan die bokant kap hy ’n halwe kratplankie vas waarop die roofvoël kan sit.

“Die truuk hier is om te sorg dat jou valkpale op die hoogste punt van jou wingerd sit, sodat hulle mooi oor die omgewing kan uitkyk. Dan moet jy ook soos ’n roofvoël dink en die regte prentjie bewerkstellig.

"Die blouvalkie gebruik die blou lug as kamoeflering en bruiner valkies kamoefleer weer teen ons natuurlike plantegroei en koppies. Die prooi moenie die voël kan sien nie. Valke jag ook soos vegvlieëniers – met die son wat altyd agter hulle is. Jy moet dus slim wees en kyk hoe jou oggend- en middagson en die agtergrondkamoeflering lyk wanneer jy die pale oprig.”

Wanneer die probleme met voëls in die wingerd handuit ruk, wend hy hom tot Eagle Eye se blink battery- of sonkragaangedrewe prismas wat in die rondte draai. Na gelang van die probleem en terrein span hy een op elke 5-10 hektaar in. “Die prisma weerkaats die sonstrale. Die beginsel is dat die straal lig wat dit teruggooi vir die voëls soos ’n fisieke obstruksie lyk. Jy kan aan hulle vliegpatrone sien. Waar dié ding draai, sal hulle sommer wegdraai.”

Buiten dat dit duur is, kwel dit vir Fouché dat dit nie net ongewenste voëls se vliegpatrone versteur nie, maar ook dié van roofvoëls. “Ek gebruik dit dus net in moeilike situasies. Hou maar jou voëlbevolkings dop en as jy wingerde naby hoë bome of natuurlike habitat vir voëltjies het, kan jy die Eagle Eye beslis benut.”

As nie een van dié stappe werk nie, is Fire Flags (ook deur die Eagle Eye-maatskappy) Fouché se laaste uitweg. Dié vlaggies is ietwat groter as ’n kredietkaart en het ’n silwer kant en goue kant. Dit draai in die wind en lyk vir voëls soos klein vuurtjies wat hulle op die vlug laat slaan. “Dit is relatief goedkoop, maar hou net een seisoen. Dit is nogal baie werk om die vuurvlaggies uit te hang en boonop ontwrig dit ook roofvoëls, daarom moet dit omsigtig gebruik word.”

Fouché het sy Fire Flags se toutjies met vislyn en ’n koperdraaiskakel (swivel) vervang sodat dit beter werk.

As jy ’n roofvoëlpaal oprig, neem die agtergrond in ag. Blouvalkies gebruik byvoorbeeld die blou lug as kamoe­flering.

Tarentale klits kalanders

Dit het destyds vir Fouché gepla dat daar nie juis tarentale op die plaas was nie, want hy meen dié voëls is ’n plaas se dashboard – hoe meer tarentale daar is, hoe gesonder boer jy. Hulle wys vinnig probleme uit. Hy het ondersoek ingestel en uitgevind die plaaskinders haal die tarentaaleiers uit om te eet.

Hy het toe ’n ruilprogram van stapel gestuur waar hy vir die kinders twee hoendereiers in ruil vir elke tarentaaleier gegee het. Dié eiers het hy na ’n vrou op McGregor gestuur wat destyds “surrogaat-tarentale” gehad het. “Die groot surrogaat-ma se naam was Goppie!” onthou Fouché.

Wanneer die kuikens 3,5 maande oud was, het hy hulle plaas toe gebring. “Jy moet drie groepe insit – 3,5 maande oud, 4,5 maande oud en 5,5 maande oud – sodat hulle nie almal in een groep integreer nie.”

Dit het ongeveer vyf jaar geduur om ’n ordentlike bevolking op te bou, maar nou het hy sowat 12 swerms met gemiddeld 30 tarentale op die plaas. Smiddae, van omtrent halfvier se kant af, glo hy, is kalandertyd. As jy dan deur jou wingerde ry, en tarentale sien wat op ’n hoop staan en vreet, kan jy maar weet hulle geniet ’n feesmaal van kalanders.

“As die kalanders nog op die grond is, kan jy baie doen voor dit jou trosse bereik. Omdat ek so baie tarentale het, spuit ek baie min, indien enigsins, vir kalanders. Ek het eintlik honderde ekstra ogies wat my help om op die uitkyk te wees vir kalanders.”

Hoewel baie boere nie daarvan hou as die wingerdstok “vuil” is nie, los Fouché graag een of twee lootjies onder aan die stam, veral as hy nie binnekort dekgewasse op bankies moet doodspuit nie. Die kalanders sal net daar vreet en nie teen die stok opklim nie.

Lappies gedoop in onwelriekende Jeyes Fluid is nog ’n omgewingsvriendelike manier om diere wat aan wingerde wil vreet, af te skrik.

Kees kom sy moses teë

Aan die westekant van die plaas is bobbejane ook ’n probleem. “Hulle mors met die druiwe en die kleintjies verniel jou lower as hulle daarin baljaar en dit soos springmatte gebruik. Weer eens, op die ou wingerde kompenseer ek maar, maar dis ’n probleem by die jong wingerde waarvan die lote nog tingerig is en die stok nog nie na wens gevorm het nie.”

Fouché sê met bobbejane moet ’n mens “so elke derde dag” met ’n nuwe idee vorendag kom, want hulle ontsyfer gou jou planne. Hy sit nou en dan voëlverskrikkers uit, maar sê dit werk net vir ’n kort rukkie. Sodra die ou brandwag besef daar is nie beweging nie, sal hy sommer langs die voëlverskrikker gaan sit!

Tydens die groeiseisoen ry ’n man, gewapen met ’n vuvuzela en tweerigtingradio, patrollie in die wingerde naaste aan die berg. Sodra hy die trop sien berg-af kom, roep hy versterkings in. “Die troppe raak ougat, hulle laat hulle nie sommer deur een mens verjaag nie. Hulle kan tot by drie tel en julle moet dus minstens drie mense wees. Gewoonlik kom die watermanne hand bysit om hulle met ’n geraas te verjaag.”

Hy het ook tien radio’tjies wat soggens aan die wingerdpale gehang word. “Die radio’s is almal op RSG gestel, want dit is ’n lekker kombinasie van musiek en gesels. Ons stel die volume lekker hard; dit ontsenu hulle ook ’n bietjie.”

Fouché het dié nes vir bloukraanvoëls opgerig om die bedreigde spesie aan te moedig om op die plaas te broei.

Paddaparadys

Fouché glo ook paddas is roofdiere wat help om insekte onder beheer te hou, daarom sorg hy dat sy boerderypraktyke hulle nie benadeel nie. Wanneer hulle swamdoder teen witroes en donsskimmel spuit, verkies hy om snags te spuit wanneer dit koeler is sodat dit nie so ongemaklik is vir werkers in hul beskermende kleredrag nie.

“Wanneer die dag breek, is dit egter ook die tyd wat paddas, wat uit die rivier gespring het en in die wingerde langs die rivier kom jag het, teruggaan na hul slaapplekke toe. Om hulle kans te gee om veilig by die rivier te kom, sorg ons dus dat ons nie voor tienuur soggens in die wingerde naaste van die rivier spuit nie. Paddas se velle is uiters gevoelig en swamdoders kan baie nadelig vir hulle wees.”

Dieselfde beginsel geld onkruiddoder – niks word voor 10:00 in die wingerde naaste aan die rivier gespuit nie. Só respekteer hy selfs die kleinste organismes in die ekostelsel en span hulle in as kollegas in sy boerdery.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot