Dit is wat nodig is om die watertenkmeter te maak:
1. ’n Sementblokkie waarin ’n katrolletjie vas is wat op die bodem van die tenk of sementdam lê. Daar is nog ’n katrolletjie wat bo-aan die tenk vas kom.
2. ’n Boei wat op die water in die tenk kan dryf.
3. ’n Dun kabel van vlekvrye staal wat dubbeld so lank as die hoogte van die tenk is.
4. ’n Swaar genoeg stukkie pyp wat aan die kabel vasgemaak word en buite die tenk hang en die presiese waterhoogte aandui. FOTO’S: ETIENNE ZEEMAN
’n Suid-Kaapse melkboer het ’n plan prakseer om nie net te weet presies hoeveel water daar in ’n tenk is nie, maar hy kan dit boonop van ver af sien.
Dikwels is boere nie seker hoeveel water in ’n tenk is nie. Dan word daar teen die wand geklop en geluister, en geraai hoe vol die tenk is. Sulke raaiwerk is dikwels ver uit die kol.
Wanneer dit oor beskikbare suipwater vir diere, asook vir besproeiing gaan, moet ’n mens presies weet hoe vol ’n tenk is, sê mnr. Etienne Zeeman van die plaas Leeurivier by Swellendam.
Teken in op Landbou.com en kry toegang tot die beste joernalistiek en eksklusiewe produkte.