AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9434
-76,00
CORN
26 Sep
-
4805
-4,00
SOYA
26 Sep
-
9399
-67,00
SUNS
26 Sep
-
9980
-226,00
WEAT
26 Sep
-
7069
52,00
WMAZ
26 Sep
-
4870
13,00
YMAZ
26 Sep
-
4800
12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Skaapwerk: Spuitgang kombineer dip en skeer

akkreditasie
Die spuitgang is direk buite die skeerskuur gebou en die skape word dadelik ná skeer deur die spuitgang gejaag.
Die spuitgang is direk buite die skeerskuur gebou en die skape word dadelik ná skeer deur die spuitgang gejaag.
Danksy ’n selfgemaakte spuitgang kan mnr. Jules van Aardt van Bedford in die Oos-Kaap nou sommer die dip van sy skape kombineer met die skeerproses. Só bespaar hy nie net tyd en moeite nie, maar die stres op sy diere word ook verminder.

Danksy ’n selfgemaakte spuitgang kan mnr. Jules van Aardt van Bedford in die Oos-Kaap nou sommer die dip van sy skape kombineer met die skeerproses. Só bespaar hy nie net tyd en moeite nie, maar die stres op sy diere word ook verminder. 

Skaapwerk kan jou rug breek, en hoe meer vaartbelyn jy die proses maak, hoe minder stres word uiteindelik op die diere – én jou rug – gesit.

Die Merinoveteraan mnr. Jules van Aardt van die Baviaanskransboerdery naby Bedford in die Oos-Kaap het ’n spuitgang gemaak waarmee hy skape dip net nadat hulle geskeer is. Die staalspuitgang word gewoonlik aan die buitekant van sy wolskuur geplaas. Wanneer die skape klaar geskeer word, word hulle eenvoudig deur die spuit gejaag.

Van Aardt het ’n paar jaar gelede in Australië gesien hoe skaapboere spuitgange gebruik om gou-gou klaar te speel met dié harde werk. ’n Kommersiële spuitgang vir kleinvee wat tans in die handel beskikbaar is, kos egter sowat R60 000. “Toe besluit ek maar om eerder my eie een te bou.” Dit het hom ongeveer R8 000 gekos.

Nou jaag hy die klaar geskeerde skape sommer direk deur sy selfgeboude spuitgang sonder om bykomende stres op die dier te plaas en hy bespaar boonop tyd aangesien hy nie ’n ekstra dag hoef uit te sit om die diere weer aan te jaag na ’n dipgat nie. “Die proses is baie minder arbeidsintensief.”

Deur die regte krane oop of toe te draai, kan hy sekere spuite aan- of afsit.
Die spuitgang is bo-oor ’n watergat gebou wat ongeveer ’n 1 000 liter water kan hou. Die water loop direk in die spuitgat in en kan gehersirkuleer word.
Van Aardt het eenvoudige goedkoop materiaal gebruik om die spuitgang te bou, en die duurste item was die 2.2 kW waterpomp wat die water teen ’n hoë druk deur die spuit kan spuit.

Regte spuitpunte deurslaggewend

Die spuitgang se raamwerk van vierkantstaal word bo-oor ’n gat geplaas waarin die spuitmiddel wat van die skape afloop, kan inloop. Die watertenk kan ongeveer 1 000 liter water hou, en water word gehersirkuleer. Gewone seil om die raamwerk keer dat die water wegspuit en alles netjies in die watergat afloop. Die skape loop oor ’n hortjiesvloer wat oor die gat geplaas word.

Van Aardt het blou besproeiingspype wat met laste gekoppel is, gebruik om die water deur die spuitgang te pomp. “Die grootste kwessie was om die regte spuitpunte in die hande te kry, aangesien dit baie skaars is,” verduidelik Van Aardt. Hy het sy spuitpunte uit Italië ingevoer.

Om te verseker dat die skaap tot op sy vel nat word en die middel die hele skaap bedek, moet die spuitmiddel teen ’n hoë druk op die skaap gespuit word. Hy het twee spuitpunte elk aan die sykante van die spuitgang geplaas en een aan die onder- en bokant van die spuitgang.

Die spuite is só gestel dat hulle op ’n afstand van 30 cm teen ’n breedte van ’n halwe meter spuit “sodat die hele skaap ordentlik natgespuit word”. ’n Sterk genoeg pomp van 2,2 kW sorg dat die water teen die regte druk gespuit word.

Die spuit is verstelbaar en Van Aardt gebruik krane om die verskillende spuite te beheer en net sekere krane oop of toe te draai. “Indien dit ’n goeie reënseisoen is en die skape begin onsuiwer (brommeraanval) kry, kan ek die krane só opdraai dat ek net hul rûe natspuit. As die bosluise baie raak, kan ek weer die krane draai sodat die spuitgang in ’n voet- en pensdip verander.”

Van Aardt verduidelik dat die spuitgang nie volgens spesifieke spesifikasies gebou is nie. “Dit moenie te wyd wees nie – die skaap moenie daarin kan ronddraai nie. “Maar die gang moet wyd genoeg wees sodat die skaap ver genoeg van die kante kan deurbeweeg sodat die spuitstraal van die spuitkop breed genoeg is om die hele skaap te bedek.”

Van Aardt se vernuftige spuitgang is verskuifbaar sodat hy dit ook op ander plekke op die plaas kan gebruik.

Die spuite binne-in is strategies geplaas sodat die hele skaap nat- gespuit word.
Hy het ’n spesifieke spuitkop gebruik wat die water teen ’n wydte van 30 cm kan spuit

Hardloop self deur

Die skape is voorheen in ’n glybank met dip behandel, “maar dit was baie werk”. “Kyk, jy kan die skaap vandag skeer en volgende week kan jy lam. Die hantering en stres op die dier is baie minder, want hulle hoef nie gevang en opgetel te word nie.”

Van Aardt het die spuitgang al drie keer gebruik en sê die skape hardloop nou al self daardeur. “Nou moet ons keer dat die skape nie sommer twee-twee deurhardloop nie.”

Die skape word dadelik ná skeer deur die spuit gejaag, maar hy maak eers ’n trop van sowat 60 diere binne die skeerhuis klaar voor hulle deurgejaag word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.03
-0.4%
Rand - Pond
19.56
-0.9%
Rand - Euro
17.42
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.72
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,645.23
+0.1%
Silwer
18.82
-0.3%
Palladium
2,067.50
-0.3%
Platinum
863.00
+0.5%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
56,614
-0.9%
Alle aandele
62,901
-0.8%
Hulpbronne 10
55,481
-1.5%
Industriële 25
78,562
+0.2%
Finansiële 15
13,864
-2.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Great humor and still have a lot to offer to a sincere person
Let's meet and you can decide. I don't want to pretend or mislead a potential partner. What you see is who I am. Ek is God se kind en dit is nie eers onderhandelbaar...
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot