AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Suid-Kaapse boer omskep skroot in sandblaser

akkreditasie
Die verskuifbare sandblaser. Die ou gassilinder hou tot 150 kg bousand waarmee verf, swamme en ander onsuiwerhede afgeblaas kan word.
Die verskuifbare sandblaser. Die ou gassilinder hou tot 150 kg bousand waarmee verf, swamme en ander onsuiwerhede afgeblaas kan word.
’n Verskuifbare sandblaser maak onderhoudswerk op mnr. Johann Coetzee se plaas in die Suid-Kaap verspotmaklik — teen ’n vyfde van die prys van ’n nuwe een.

’n Verskuifbare sandblaser maak onderhoudswerk op mnr. Johann Coetzee se plaas in die Suid-Kaap verspotmaklik — teen ’n vyfde van die prys van ’n nuwe een.

Noodsaaklike onderhoudswerk, soos die afskuur van ou verf en swamme, kan tydrowend en arbeidsintensief wees. ’n Sandblaser vergemaklik dié hande-arbeid, maar die prysetiket van R25 000 vir ’n kommersiële sandblaser het mnr. Johann Coetzee van die Lamont-boerdery by Gouritsrivier na sy werkbank gejaag.

Coetzee en sy pa, Jannie, besit die Dohne- Merinostoetery Lamont en boer ook met wild en graan. (Sien ook “Tuisgemaakte mini-graanberoker draf plae kaf”, LBW, 30 April 2020.) “ ’n Sandblaser wat sy sout werd is, moenie pieperig wees nie. Ek het dit uit die staanspoor robuus gebou.”

’n Kompressor wat op boupersele gebruik word, verskaf konstante druk van 800 kPa om sand uit te blaas en oppervlakke skoon te spuit. Die hoofonderdeel van die sandblaser is ’n ongebruikte staalgassilinder van 47 liter (’n gewone LP-gasbottel) waarin hy ’n gat aan die onderkant geboor en ’n 60 mm- koppelpypstuk van gegalvaniseerde yster daaraan vasgesweis het. ’n Ysterprop seël die koppelstuk.

Aan die ander punt van die gassilinder (wat gewoonlik bo sou wees), het Coetzee drie ysterstawe (pote) met wieletjies vasgesweis. Dit dien as die voetstuk waarmee die toestel maklik rondgeskuif kan word.

Die lug-waterskeier in die lugtoevoerpyp vanaf die kompressor. Die skeier sorg vir droë lug, waarmee druk op die sand in die gassilinder uitgeoefen word.

Lugvloei só beheer

In die boonste derde van die gassilinder het Coetzee ’n gat van 40 mm gesny en ’n gegalvaniseerde waterpyp van sowat 300 mm lank horisontaal daaraan vasgesweis. ’n Kraan van 40 mm is daarin aangebring om lugvloei te beheer.

Aan die ander kant van die pyp is ’n T-stuk vasgesweis waaruit ’n pyp na onder lei. Aan die T-stuk is ’n lug-waterskeier aangebring om alle vog uit die lug te haal wat na die sand in die gassilinder gaan om druk te veroorsaak.

Die vertikale pyp wat uit die T-stuk na onder lei, beheer lug wat by die T-stuk verdeel word met ’n kraan na die onderste gedeelte van die gassilinder, waar dit aan ’n koppelstuk aan ’n sanduitloopprop en ’n versterkte sandblaaspyp gekoppel word. (Die horison- tale gedeelte van die T-stukpyp gaan na die gassilinder om druk te veroorsaak.)

Die ou onderkant van die gassilinder is die nuwe bokant. Coetzee het ’n gat daarin geboor en dit geseël met ’n “ysterprop” wat hy spesiaal gemaak het en daarin inskroef.
Die pypkoppelstukke onderaan waardeur die lug vloei wat die sand uitblaas en waar die sand in die stelsel inkom. Die krane beheer die spoed waarteen die sand uitgeblaas word.

Só werk die stelsel

Om deurlopend druk van sowat 800 kPa te verskaf, gebruik Coetzee ’n 185 CPM-kompressor, soortgelyk aan dié wat die meeste boumaatskapye gebruik, en koppel dit met ’n 45 mm-skroefstuk aan die pyp met die lug-waterskeier.

“Ek gooi gewoonlik sowat 150 kg gewone bousand – beslis nie souterige seesand nie – in die gassilinder deur die boonste opening en seël dit stewig met die ysterprop. Dan koppel ek die spesiaal versterkte sandblaaspyp onder aan die uitblaaspyp, sorg dat die twee krane (een aan die vertikale en een aan die horisontale pyp elk) gedeeltelik oop is, sit die kompressor aan, en rig die pyp op die voorwerp wat ek met sand wil skoonblaas.”

Die krane beheer die druk op die sand in die silinder en die uitvloei van die lug wat die sandkorrels moet aanblaas. “Verreweg die duurste onderdeel wat ek moes koop, is die spesiaal versterkte sandblaaspyp. Dit is 5 meter lank en het net onder R5 000 gekos.”

Die sandblaser het uiteindelik net meer as R5 000 gekos, wat die lug-waterskeier insluit. “ ’n Duur, kommersiële sandblaser is dalk mooier afgewerk, maar dit klop nie my tuisgemaakte model se doeltreffendheid nie.”

Navrae: Mnr. Johann Coetzee, e-pos: lamontboerdery1@gmail.com, 076 276 7897.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.15
-0.8%
Rand - Pond
20.13
-0.2%
Rand - Euro
17.68
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,694.80
-1.1%
Silwer
20.13
-2.6%
Palladium
2,192.88
-3.1%
Platinum
916.50
-1.0%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,280
-0.2%
Alle aandele
65,676
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,505
-0.7%
Finansiële 15
14,072
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot