
Dit kan enige toerusting wees wat aangewend kan word om plaasprobleme aan te pak. Deelnemers kan in vyf afdelings inskryf.
Onder “Nuut” tel enige nuwe masjinerie, werktuie en landboutoerusting, waaronder rekenaarprogrammatuur, slimfoontoepassings en enige ander tegnologie. Enige masjinerie, werktuie of landboutoerusting (ook programmatuur, toepassings of tegnologie) wat aangepas is, kan in die “Gemodifiseerde”-afdeling ingeskryf word.
“Gereedskap” sluit elektriese asook nie-elektriese gereedskap in, en by “Huis en Tuin” vind planne wat in en om die huis gebruik kan word hul plek op die podium. Die “Ope afdeling” is jou kans om enigiets wat nie in die voorafgaande vier kategorieë val nie, en ’n vervaardigingskoste van minder as R5 000 het, in te skryf.
Skryf voor 8 Mei 2023 in om jou plek te verseker. Die reëls vir inskrywings is op die vorm beskikbaar, maar let daarop dat geen items wat reeds kommersieel bemark word of waarvoor om ’n patentereg aansoek gedoen is, in aanmerking kan kom nie.
Nuut: Masjinerie, implemente en landboutoerusting (rekenaarprogrammatuur, slimfoontoepassings en enige ander tegnologie ingesluit)
Gemodifiseerd: Masjinerie, implemente en landboutoerusting (rekenaarprogrammatuur, slimfoontoepassings en enige ander tegnologie ingesluit)
Gereedskap: Alle gereedskap, elektries sowel as nie-elektries.
Huis en tuin: Planne wat in en om die huis gebruik kan word, ook in die kombuis.
Ope-afdeling: Enige item wat nie hier bo genoem word nie met ’n vervaardigingskoste van minder as R5 000.
Inskrywings kan aan mnr. Wim Venter by wim@grainsa.co.za of Graan SA, Posbus 88, Bothaville, 9660, gerig word. Klik hier vir die inskryfvorm.
*LET WEL: Geen items wat reeds kommersieel bemark word of vir ‘n patent aansoek gedoen is, mag ingeskryf word nie.
1. Ingeskrewe artikels moet by Graan SA se NAMPO Oesdag uitgestal word.
2. Slegs inskrywings op die amptelike inskrywingsvorm sal aanvaar word.
3. Alle deelnemers sal na afloop van die NAMPO Oesdag deur Landbouweekblad gekontak word vir moontlike publikasie van die betrokke inskrywing in Landbouweekblad of op Landbou.com .
4. Die deelnemer is verantwoordelik vir die vervoer van sy plan voor en na die kompetisie, tensy anders met Omnia Nutriology® ooreengekom.
5. Graan SA, Omnia Nutriology® en Landbouweekblad aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige verliese tydens deelname aan die kompetisie nie.
6. Wenners, of hulle verteenwoordigers, moet tydens die prysuitdeling op Donderdag, 18 Mei 2023 teenwoordig wees.
7. Geen items wat reeds kommersieel bemark word of in die proses is om as patent geregistreer te word, mag ingeskryf word nie.
8. Die inskrywing van gemodifiseerde toerusting wat in ‘n nuwe plan omskep is, sal slegs toegelaat word as dit nog nie kommersieel beskikbaar is nie.
9. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen mondelinge of skriftelike kommunikasie sal hieroor gevoer word nie.
10. Die beoordelaars sal pryse na goeddunke toeken en inskrywings diskwalifiseer wat nie na hul oordeel gepas is nie. Spesiale pryse vir onderriginstansies kan volgens die beoordelaars se diskressie toegeken word.
11. Deelnemers kan in die afdelings soos hierbo uiteengesit meeding.
12. Inskrywings moet Graan SA voor of op Maandag, 8 Mei 2023 bereik.
13. Inskrywings moet teen 14:00 op Maandag, 15 Mei 2023 op die Boereplanneterrein wees. ’n Afskrif van die inskrywingsvorm moet saam met die plan by die ingangshek getoon word om toegang te verkry.
14. Geen inskrywings mag voor Saterdag, 20 Mei 2023 van die terrein verwyder word nie.Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.