AFGRI
BEAN
15 Okt
-
6517
0,00
CORN
15 Okt
-
3005
0,00
SOYA
15 Okt
-
7090
0,00
SUNS
15 Okt
-
10556
0,00
WEAT
15 Okt
-
5771
0,00
WMAZ
15 Okt
-
3120
0,00
YMAZ
15 Okt
-
3257
0,00
AMT
Beeste A2/3
08 Okt
-
51,72
0,00
Beeste AB2/3
08 Okt
-
50,71
0,01
Beeste B2/3
08 Okt
-
48,69
0,01
Beeste C2/3
08 Okt
-
44,77
-0,01
Bevrore Hoender
08 Okt
-
29,24
-0,02
Bokkies (onder 30 kg)
08 Okt
-
69,64
-0,02
Bokooie
08 Okt
-
45,88
-0,03
Groot (meer as 40 kg)
08 Okt
-
43,12
-0,04
Hoender (IQF)
08 Okt
-
26,99
0,00
Medium (30-40kg)
08 Okt
-
53,9
-0,07
Skaap A2/3
08 Okt
-
85,43
0,01
Skaap AB2/3
08 Okt
-
76,91
0,00
Skaap B2/3
08 Okt
-
72,17
-0,01
Skaap C2/3
08 Okt
-
68,75
-0,01
Speenkalf
08 Okt
-
38,2
0,00
Spekvarke
08 Okt
-
26,38
-0,02
Stoorlammers
08 Okt
-
44,93
-0,02
Varkwors
08 Okt
-
21,91
-0,01
Vars Hoender
08 Okt
-
30,96
-0,01
Vleisvarke
08 Okt
-
28,11
-0,01
Wol (skoon)
08 Okt
-
163,42
0,02

Die boere wat die skrum kom red het

akkreditasie
Twee voorry-boere word gereeld met heimwee om roosters vol tjops en wors onthou, dalk omdat hulle nie juis tipiese voorrymanne was nie – Flippie van der Merwe en Tommie Laubscher.

Daar was al baie voorrymanne in die Springbokspan wat boere was, en groot name daarby: Martiens le Roux, Jannie du Plessis, Hempies du Toit en Os du Randt.

Maar veral twee voorry-boere word gereeld met heimwee om roosters vol tjops en wors onthou, dalk omdat hulle nie juis tipiese voorrymanne was nie – Flippie van der Merwe, omdat hy amper te groot was (133 kg), en Tommie Laubscher, omdat hy aan die klein kant was (net meer as 100 kg, as hy fiks was).

Groot Flippie het op 29 Augustus 1981 in Wellington in Nieu-Seeland die eerste keer in die Groen-en-goud op die veld gedraf. Dit was in die roemryke tweede toets van die “betogertoer” toe die Springbokke die All Blacks oortuigend met 24-12 geklop het.

Sy afrigter, self Springbok-skrumskakel en -kaptein op sy dag, Nelie Smith, onthou hy’t Flippie daai dag op loskop gekies saam met Ockie Oosthuizen op vaskop, in die plek van Hempies du Toit en Henning van Aswegen in die eerste toets. “Ek het Flippie juis gekies oor hy so sterk en beweeglik was. Met daai groot lyf was hy baie vinnig op sy voete. En hy was aggressief en natuurlik ’n uitstekende skrumwerker. Ockie en Flippie was baie goed in die wedstryde teen die ander spanne in Nieu-Seeland.

“Hy was ’n geweldige faktor in daai oorwinning. Hy en De Villiers Visser, op slot, was die aggressiewe manne. Op ’n nuuskonferensie voor die tyd vra ’n Nieu-Seelandse joernalis my of Flippie, met sy groot lyf, fiks genoeg is. Ek gee hom toe maar nie die regte antwoord nie. En toe was hy natuurlik skitterend in die toets. By die nuuskonferensie ná die tyd sê ek toe maar vir die joernalis Flippie was meer as fiks genoeg.”

Tommie Laubscher van die plaas Bessieheuwel naby V
Tommie Laubscher van die plaas Bessieheuwel naby Velddrif het hom met sterk skrumwerk in die Springbokspan in gespeel.

Al het Flippie sy skouer beseer, het hy steeds in die derde toets gespeel. Maar Nelie sê hy’t De Villiers én Theuns Stofberg weens beserings verloor, en hulle kon ’n groot verskil gemaak het in die derde toets, wat die Springbokke verloor het.

Flippie, wat deesdae met ’n kommersiële Simbra-kudde op Cobhan, naby Dibeng in die Noord-Kaap boer, sê die sterkste vaskop teen wie hy in sy loopbaan gesak het, was die Transvaler en Springbok Richard Prentis: “Ou Richard was altyd fiks en kon 80 minute lank skrum. Ander ouens was ná 20 minute moeg.”

Hy is die derde geslag op die plaas. Voordat hy heeltyds gaan boer het, was hy hoofbestuurder van korporatiewe dienste by die landboumaatskappy Suidwes.

Sy seun Flip is ook ’n Spingbok-slot. Flippie sr. sê Flip wil ook eendag kom boer.

Tommie, melk-, skaap- en koringboer van Velddrif en ook vaskop van die WP en Springbokke, het in die middel-1990’s amok gemaak onder loskopstutte. Hy is ongelukkig nie meer met ons nie. Hy’s in 2007, op 43, in ’n ongeluk dood toe hy ’n bees wat deur ’n voertuig getref is, uit die pad wou help en deur ’n bakkie vasgepen is.

Daar’s genoeg loskoppe uit daai era wat vir jou sal vertel Tommie was die sterkste vaskop in die land, al het hy gedink ’n gimnasium is ’n plek waar mense in stywe klere gimnastiek doen.

Hoewel hy uiteindelik nie Kitch Christie se 1995-Wêreldbekerspan gehaal het nie, glo omdat hy nie fiks genoeg was nie, loop die storie steeds dat hy net ná die Wêreldbeker in ’n Curriebekerwedstryd na sy opponerende stut, Balie Swart, toe gestap en vir hom sag, maar duidelik gesê het: “Ons het gesien hoe jy in die Wêreldbeker kan skrum. Kom ons kyk nou hoe vaar jy in die Curriebeker.”

Tommie was al 31 toe hy in ’n toets in die Baai teen die Pumas sy debuut gemaak het. Hy het ses keer vir die Bokke uitgedraf.

Dié artikel het in gedenkuitgawe vir Landbouweekblad se 95ste verjaardag verskyn.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.51
+1.7%
Rand - Pond
19.88
-0.0%
Rand - Euro
16.83
-0.0%
Rand - Aus dollar
10.77
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,767.60
0.0%
Silwer
23.31
0.0%
Palladium
2,075.53
0.0%
Platinum
1,059.00
0.0%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,494
+0.2%
Alle aandele
67,029
+0.3%
Hulpbronne 10
64,347
-0.1%
Industriële 25
84,819
+0.7%
Finansiële 15
13,961
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek hou van kos maak en met vriende te kuier
Ek like van eerlike mense en lekka lag en kuier. Buite mense Uit eet Braai Weg gaan See Saam kuier Koos maak
If I could turn BACK TIME 😉😋
Maak nie saak wat positief n mens probeer oor jouself hier uit beeld nie, mans het hulle eie mening en sienswyse 👌 Kom val in die deur in en kyk of julle van hou wat...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot