AFGRI
BEAN
15 Okt
-
6517
0,00
CORN
15 Okt
-
3005
0,00
SOYA
15 Okt
-
7090
0,00
SUNS
15 Okt
-
10556
0,00
WEAT
15 Okt
-
5771
0,00
WMAZ
15 Okt
-
3120
0,00
YMAZ
15 Okt
-
3257
0,00
AMT
Beeste A2/3
08 Okt
-
51,72
0,00
Beeste AB2/3
08 Okt
-
50,71
0,01
Beeste B2/3
08 Okt
-
48,69
0,01
Beeste C2/3
08 Okt
-
44,77
-0,01
Bevrore Hoender
08 Okt
-
29,24
-0,02
Bokkies (onder 30 kg)
08 Okt
-
69,64
-0,02
Bokooie
08 Okt
-
45,88
-0,03
Groot (meer as 40 kg)
08 Okt
-
43,12
-0,04
Hoender (IQF)
08 Okt
-
26,99
0,00
Medium (30-40kg)
08 Okt
-
53,9
-0,07
Skaap A2/3
08 Okt
-
85,43
0,01
Skaap AB2/3
08 Okt
-
76,91
0,00
Skaap B2/3
08 Okt
-
72,17
-0,01
Skaap C2/3
08 Okt
-
68,75
-0,01
Speenkalf
08 Okt
-
38,2
0,00
Spekvarke
08 Okt
-
26,38
-0,02
Stoorlammers
08 Okt
-
44,93
-0,02
Varkwors
08 Okt
-
21,91
-0,01
Vars Hoender
08 Okt
-
30,96
-0,01
Vleisvarke
08 Okt
-
28,11
-0,01
Wol (skoon)
08 Okt
-
163,42
0,02

Eertydse boereleier deur harde leerskool

akkreditasie
Die eertydse voorsitter van die Suid-Afrikaanse Landbou-unie, mnr. Jaap Wilkens, was 'n knap boer wat in die praktyk 'n voorbeeld gestel het, en boonop 'n gebore leier wat die belange van sy medeboere sterk op die hart gedra het.
Soos berig in Landbouweekblad, 7 Desember 1979.

Mnr. Jaap Wilkens, die Suid-Afrikaanse Landbou-unie (SALU) se nuwe voorsitter wat eenparig gekies is in die plek van die beminde mnr. Albert Basson wat nie weer verkiesbaar was nie, het self deur die harde leerskool van praktiese boerdery tot by die boonste sport gevorder.

Dié boer van Ventersdorp is tot leier van die hoogste "boereparlement" gekies nie omdat hy al die afgelope sewe jaar ondervoorsitter van die SALU en die afgelope ses jaar voorsitter van die Transvaalse Landbou-unie (TLU) was nie, maar in die eerste plek omdat hy in sy kwarteeu in georganiseerde landbou bewys het dat diens aan sy medeboere hom die naaste aan die hart lê.

Die jong boer, Jaap Wilkens, van die plaas Rietfontein by Opraap in Wes-Transvaal het 25 jaar gelede vir die eerste keer met georganiseerde landbou kennis gemaak. Omstreeks daardie jare het die TLU 'n spesiale veldtog gehou om die hele struktuur van georganiseerde landbou op te knap en op 'n stewige fondament te plaas. Om Ventersdorp se distrikslandbou-unie nuwe stukrag te gee, is agt boereverenigings gestig en lede vir hulle gewerf.

Soos dit 'n goeie boer betaam, het die jong Jaap Wilkens hom by 'n boerevereniging aangesluit. Twee jaar later was hy die sektretaris en nog twee jaar later voorsitter van sy boerevereniging.

Aanmoediging

In 1954 is hy, aanvanklik teensinnig, tot sekretaris van Ventersdorp se distrikslandbou-unie verkies. Dié teensinnigheid spruit daaruit dat hy as jong boer nog druk besig was om sy eie boerdery te ontwikkel en op 'n gesonde grondslag te plaas. Vir bedrywighede buite die plaasgrense was daar min tyd.

Dit was die plaaslike skoolhoof, mnr. Karel Scheffer, se aanmoediging - " 'n Mens leef nie net vir jouself nie" - wat Jaap laat instem het en op die koers van diens aan sy medeboere geplaas het. Die volgende jaar was hy 'n afgevaardigde na die TLU-kongres en in 1959 is hy tot voorsitter van Ventersdorp se distrikslandbou-unie verkies. Twee jaar later was hy in die uitvoerende komitee van die TLU.

Om in diens van hul medemens te staan, is as't ware 'n aangebore eienskap van die Wilkense. Jaap se vader, wyle kol. Jacob Wilkens, was jare lank Volksraadslid vir Ventersdorp en het hom veral in die depressiejare beywer om die lot van die verarmde boere te verbeter.

Sy oom, wyle mnr. Jan Wilkens, was ewe bekend as die Volksraadslid vir Klerksdorp, terwyl sy eie broer, mnr. Ben Wilkens, diep spore as voorsitter van die mielieraad getrap het en Carletonville (waarby 'n groot deel van sy vader se ou kiesafdeling, Ventersdorp, ingelyf is) se Volksraadlid was.

Optel en Vastrap, identiese tweelingosse, word daa
Optel en Vastrap, identiese tweelingosse, word daagliks op die plaaswerf vir ligte trekwerkies ingespan om brandstof te bespaar. As jong boer het mnr. Jaap Wilkens nog met osse geploeg en geplant.

Studiebeurs

"Ek is geen politikus nie, maar in hart en siel 'n boer en daarom het ek georganiseerde landbou gekies om my medemens daarin te dien," vertel hierdie boereleier, koöperateur en knap, praktiese boer.

Landbou-opleiding lê hom baie na aan die hart, "want daarsonder kan ons land se geweldige groot landboupotensiaal nooit ten volle tot uiting kom nie. Deeglike landbouskoling is vir die boer én sy plaaswerkers belangrik."

Jaap kan met reg van die Boskop-opleidingsentrum vir plaaswerkers naby Potchefstroom wat deur sy ywer onder die vleuels van die SALU tot stand gekom het.

Toe die lt. kol. Karel Rood-beurs vir oorsese studie studie vroeër vanjaar deur Massey-Ferguson aan hom toegeken is, het hy in Kanada, die VSA, Europa en Israel nie net hul georganiseerde landboustelsels nie, maar veral ook hul opleidingstelsels vir boere en plaaswerkers bestudeer.

Harde leerskool

"My vader het waarskynlik my liefde vir die boerdery onderskat, want hy het my Stellenbosch toe gestuur waar ek die graad B.Com. behaal het."

Terug in Wes-Transvaal was dit nie die handel en nywerheid wat die jong Jaap gelok het nie, want vir hom was daar net een groot lewensideaal - om te kan boer!

Eintlik was formele landbou-opleiding toe van minder belang, want 'n beter, meer praktiese boerderyleermeester as sy pa, kon 'n mens nouliks verlang.

"My vader het my geensins gepamperlang nie - dit was 'n harde leerskool onder hom," vertel Jaap.

Rietfontein, daardie spogplaas van vandag, was nie 'n pasella van pa aan seun nie. Nee, Rietfontein is met behulp van 'n Landbanklening teen die destydse heersende prys van ses pond (R12) per morg (0,856 ha) deur pa aan seun verkoop. Vir die hoop van trekosse, ploeë, planters en ander gereedskap moes hy 'n tweede verband aangaan.

"Danksy my vader se goeie leiding en 'n paar voorspoedige reënjare wat vir goeie mielie-,grondbone- en aartappeloeste gesorg het, kon ek die tweede verband ná twee jaar reeds aflos en was die pad vorentoe wawyd oop," vertel hy.

Mnre. Kobus Wilkens (links) en Jan van Wyk (plaasb
Mnre. Kobus Wilkens (links) en Jan van Wyk (plaasbestuurder) bekyk 'n lap besonder vroeë mielies wat danksy goeie reën reeds in Augustus geplant is.

Deeglik beplan

Rietfontein, die woonplaas, beslaan sowat 770 ha waarvan die helfte uit landerye en die res uit natuurlike weiveld bestaan. Nie net die plaas nie, maar ook die hele boerderystelselis deeglik beplan, soos ook sy tweede plaas, Lemoenfontein (bykans 1800 ha). Dié plaas is sowat 20 km van Rietfontein in die rigting van die dorpie Hartebeesfontein.

Op Rietfontein is mielies die hoof-boerderyvertakking met 'n gemiddelde opbrengs van sowat 3 t/ha, afhangende van die jaarlikse reënval van 450 tot 500 mm.

"Verlede jaar was my swakste seisoen op Rietfontein, want die swak verspreide totale neerslag van 150 mm het my net sowat 1 t/ha in die sak gebring," vertel Jaap.

Soos dit 'n knap boer betaam, sit Jaap nie al sy eiers in een mandjie nie en is hy ook 'n kommersiële beesvleisprodusent. Hoewel dit nie naastenby so winsgewend soos sy saaiboerdery is nie het sy beesboerdery verlede jaar die wa deur die drif getrek.

Omdat grondbone veral in sy beginjare op Rietfontein so 'n belangrike rol gespeel het om hom finansieel op sy voete te plaas, is dit vandag nog 'n staatmaker. Ruimskoots 'n kwart van die landerye staan jaarliks onder grondbone.

Vleisbeesteling

Deels word dit as wisselbougewas met mielies ingespan omdat grondbone as peulgewas stikstof aan die grond voorsien en dit boonop veral in Wes-Transvaal 'n goeie kontantgewas is. Grondbone se gemiddelde opbrengs op Rietfontein is 'n rapsie meer as 'n ton pitte per ha. Met die nuwe kultivat Sellie wat met die skrywe hiervan aangeplan word, word selfs na 'n opbrengs van 2 t/ha gestreef.

Mielies, sorghum en sonneblom word op Lemoenfontein verbou, maar dié plaas met sy uitstekende soetweiding is in die eerste plek Jaap se beesplaas. Dit is die tuiste van sy 500 Sussex-Afrikanertipe-kruisraskoeie waarby hy Sussex- en Bonsmarabulle vir vleisbeesteling gebruik.

As Lemoenfontein die kommersiële kudde se tuiste is, dan kan Rietfontein as hul "vakansieplaas" beskryf word. Hierheen verhuis die hele kudde in die winter om die geoeste mielielande in die kalfseisoen vier maande lank te benut. Die mielielande is dan ook as veekampe ingerig, elkeen met sy suiping.

Danksy deeglike bestuursbeplanning word voorkom dat die kommersiële kudde kondisie verloor wanneer die trop aan die einde van die winter na Lemoenfontein terugkeer. Deurdat heelwat weidingskampe vanaf Januarie gespaar word, is daar dan volop goeie soetveldweiding beskikbaar.

Rietfontein se trots is sy Sussexstoetery. Hier is
Rietfontein se trots is sy Sussexstoetery. Hier is 'n aantal van die 60 teelkoeie wat gebruik word.

Slagresultate

Die speenkalwers wat gemiddeld 220 kg op sewe maande weeg, gaan eers op veldweiding alvorens hulle op ouderdomme van 18 tot 24 maande teen 'n gemiddelde gewig van sowat 300 kg na die voerkrale op Rietfontein gebring word. Hier word hulle 90 dae land afgerond op tuisgeproduseerde mieliekopmeel en 'n hoëproteïenkonsentraat totdat hulle 400 kg lewend weeg. Dan word hulle in die Witwatersrandse beheerde gebied bemark - as permitte verkry kan word.

Ruimskoots 75 persent slag as super uit, met die res hoofsaaklik as prima ! en so hier en daar 'n gr. IA.

Omdat groeiprestasie, vrugbaarheid en bouvorm streng as seleksienorme toegepas word, het dié kudde al tot 'n puik produksie-eenheid ontwikkel. So byvoorbeeld word 'n vervangingsvers slegs goedgekeur as haar speengewig beter as die gemiddelde van die kudde is. Dieselfde geld vir vrugbaarheid, want 'n koei wat dit waag om vir 'n tweede keer nie te kalf nie, gaan outomaties slagter toe.

Help fluks

Die "oogappel" op Rietfontein is egter Jaap se Sussex-stoetery van 60 teelkoeie en drie uitstekende bulle, waarvan een uit die stoetery kom en die ander twee Orpenbulle is. Een van laasgenoemdes is 'n gewese SA junior kampioen.

Die stoetery het sy ontstaan in 1962 gehad met 'n aantal teelkoeie wat van die bekende mnr. Jack Orford van Klerksdorp gekoop is.

Danksy Jaap se aangebore boerderyvernuf, puik bestuursvermoë en sy gretigheid om steeds te leer en nuwe ontwikkelinge op die proef te stel, het Rietfontein en Lemoenfontein tot twee hoogstaande plase ontwikkel. Ondanks die toenemende vrag georganiseerde landbouverpligtinge wat op sy skouers gelaai word en hom lang tydperke van die plaas af wegrokkel, probeer Jaap nog om soveel persoonlike aandag as moontlik aan sy boerdery te bestee.

Mev. Wilkens

Gelukkig word hy nou bygestaan deur 'n knap boerderybestuurder, mnr. Jan van Wyk, terwyl sy oudste seun en, Kobus (daar is twee seuns en vier dogters in die gesin) wat op 'n aangrensende plaas sy eie boerdery het, ook fluks help toesig hou oor sy vader se boerdery.

Mev. Sybil Wilkens, die landbouleier se eggenote, speel ook die rol van sekretaresse.

As die minister van landbou egter skielik laat weet dat hy oor drie uur dringende samesprekinge met die voorsitter van die SALU moet voer, is dit hierdie kranige sekretaresse wat sorg dat die tasse betyds gepak, die nodige dokumente byderhand is en die motor gereed staan vir die reis na Pretoria.

Met reg kan Jaap as een van Wes-Transvaal se voorste boere beskryf word. Daarvan getuig die hoë gehalte van die landbou wat op sy twee plase bedryf word. Daarom en omdat sy medeboere hom so goed ken, het hulle hom met vrymoedigheid as hul nuwe leier gekies.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.51
+1.7%
Rand - Pond
19.88
+0.9%
Rand - Euro
16.83
+0.6%
Rand - Aus dollar
10.77
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+0.7%
Goud
1,767.60
0.0%
Silwer
23.31
0.0%
Palladium
2,075.53
0.0%
Platinum
1,059.00
0.0%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,494
+0.2%
Alle aandele
67,029
+0.3%
Hulpbronne 10
64,347
-0.1%
Industriële 25
84,819
+0.7%
Finansiële 15
13,961
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek hou van kos maak en met vriende te kuier
Ek like van eerlike mense en lekka lag en kuier. Buite mense Uit eet Braai Weg gaan See Saam kuier Koos maak
If I could turn BACK TIME 😉😋
Maak nie saak wat positief n mens probeer oor jouself hier uit beeld nie, mans het hulle eie mening en sienswyse 👌 Kom val in die deur in en kyk of julle van hou wat...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot