AFGRI
BEAN
27 Okt
-
7049
34,00
CORN
27 Okt
-
3274
62,00
SOYA
27 Okt
-
7188
58,00
SUNS
27 Okt
-
10630
0,00
WEAT
27 Okt
-
5785
4,00
WMAZ
27 Okt
-
3300
42,00
YMAZ
27 Okt
-
3435,2
52,20
AMT
Beeste A2/3
22 Okt
-
53,12
-0,01
Beeste AB2/3
22 Okt
-
51,44
0,00
Beeste B2/3
22 Okt
-
49,2
0,00
Beeste C2/3
22 Okt
-
45,11
0,00
Bevrore Hoender
22 Okt
-
29,28
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
22 Okt
-
67,85
0,04
Bokooie
22 Okt
-
44,07
0,10
Groot (meer as 40 kg)
22 Okt
-
40,19
0,13
Hoender (IQF)
22 Okt
-
27,37
-0,01
Medium (30-40kg)
22 Okt
-
54,78
-0,01
Pork Average
22 Okt
-
27,29
-0,01
Poultry Average
22 Okt
-
29,26
0,00
Skaap A2/3
22 Okt
-
82,67
0,00
Skaap AB2/3
22 Okt
-
75,9
0,01
Skaap B2/3
22 Okt
-
70,32
0,01
Skaap C2/3
22 Okt
-
67,22
-0,02
Speenkalf
22 Okt
-
39,87
0,00
Spekvarke
22 Okt
-
27,23
-0,02
Stoorlammers
22 Okt
-
45,23
-0,03
Varkwors
22 Okt
-
22,33
-0,01
Vars Hoender
22 Okt
-
31,13
0,00
Vleisvarke
22 Okt
-
28,17
0,01
Wol (skoon)
22 Okt
-
166,76
-0,02

Hoe bad mens 'n skilpad?

akkreditasie
Ben was ’n skilpad met ’n verskil.
Ben was ’n skilpad met ’n verskil.
Ben, die skilpad, het op ’n onkonvensionele manier in die harte van sy mede-huisgenote gekruip. Hy was ’n skilpad met ’n verskil.

Ben wóú by my bly. Al sy voorgangers het weggeloop, maar hy was uit die staanspoor tuis – en so welkom! ’n Vriendin se kleinkinders het hom, teen alle wetsgehoorsaamheid in, langs die pad opgetel en huis toe gebring.

Hy kon egter nie met videospeletjies meeding nie en was vinnig alleen en verlate buite op hul werf. Ek en my vriendin sou hom gaan aflaai het waar hy opgetel is, maar ek wou hom net ’n klein rukkie hou, want ek voel aangetrokke tot skilpaaie. Hulle het ’n rustige onverstoorbaarheid en weet presies wat hulle wil hê – en waarheen hulle op pad is.

Toe trek Ben by ons in. Hy wou met alle geweld in my dogter se kamer slaap. Gegewe die feit dat hy nie ge-potty train was nie en by tye erg gestink het, het sy egter in haar spore vasgesteek. Dit was aanskoulik om dié twee hardkoppiges se “geveg” dop te hou. Ben, met sy grote lyf, sou teen sy opponent se voet roei en stoei om verby die deurkosyn die kamer te probeer inkom. 

Op haar beurt het Ann geweier om kop te gee. Om die vrede te bewaar, het ek eindelik vir Ben op ’n ander plek probeer tuismaak. Erg beneuk het Ben besluit om sy eie slaapplek te gaan soek. Met die wegstap, het die kabels van die DVD-speler aan die dop agter sy nek vasgehaak. Soos ’n kragman sleep hy toe (heel onbewustelik) die DVD-speler van sy kassie af. 

Ek het dit nie teen hom gehou dat die DVD-speler daarna stukkend was nie, maar daar moes wel onbepaald iets aan sy liggaamsreuke gedoen word.

Eerste bad

En met Google tot jou beskikking, is niks meer ontoeganklik of onbekend nie. Binne ’n japtrap en met groot opgewondenheid het ons uitgesien na Ben se eerste bad. En so ampertjies was dit ook sy laaste, want die water was ’n bietjie te diep en ek het net betyds die lugborrels aan die kant van sy mond sien uitkom. 

Die badprop is inderhaas uitgetrek en nuwe, skoon water ingetap. Dit wou voorkom of die louwarm water die spysverteringspiere lekker laat verslap het. Gelukkig was dit waarmee gehandel moes word, bloot plantmateriaal en kon ’n mens dit met ’n sif uitskep voor nuwe water ingetap is en die skropproses begin het. 

Blink dop, donker gemoed

Ná elke badsessie het Ben se dop soos ’n nuwe sikspens geblink. Sy gemoed was egter maar donker wanneer hy vir ’n paar uur uit die huis gestorm het om eers te gaan kalmeer.

Ben is lankal teruggeplaas in sy natuurlike habitat. Maar ek sal altyd aan hom dink as ’n kleurryke karakter wat die huishouding deur sy teenwoordigheid met warmte en vreugde gevul het.

Hierdie artikel het oorspronklik in die Landbouweekblad-uitgawe van 22 Februarie 2013 verskyn.


Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.85
-0.1%
Rand - Pond
20.44
-0.1%
Rand - Euro
17.21
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.15
-0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Goud
1,786.40
-0.4%
Silwer
24.04
-0.8%
Palladium
2,015.01
-0.3%
Platinum
1,023.00
-0.9%
Brent-ruolie
86.40
+0.5%
Top-40
61,025
-0.3%
Alle aandele
67,615
-0.2%
Hulpbronne 10
63,620
-0.8%
Industriële 25
87,147
-0.2%
Finansiële 15
14,027
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Grapkas en liefdevol
Baie snaakse mens. Hou daarvan om grappe te maak en lekke saam te kuier. Gee ook al my liefde vir die belangrikke persoon in my lewe
Kom skryf die laaste hoofstuk saam met my.
Ek is 'n Christen wat op soek is na iemand om die laaste hoofstuk van my lewe mee te deel. Persoon moet ook finansieël onafhanklik wees. Geen kansvatters nie asb.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot