AFGRI
BEAN
15 Okt
-
6517
0,00
CORN
15 Okt
-
3005
0,00
SOYA
15 Okt
-
7090
0,00
SUNS
15 Okt
-
10556
0,00
WEAT
15 Okt
-
5771
0,00
WMAZ
15 Okt
-
3120
0,00
YMAZ
15 Okt
-
3257
0,00
AMT
Beeste A2/3
08 Okt
-
51,72
0,00
Beeste AB2/3
08 Okt
-
50,71
0,01
Beeste B2/3
08 Okt
-
48,69
0,01
Beeste C2/3
08 Okt
-
44,77
-0,01
Bevrore Hoender
08 Okt
-
29,24
-0,02
Bokkies (onder 30 kg)
08 Okt
-
69,64
-0,02
Bokooie
08 Okt
-
45,88
-0,03
Groot (meer as 40 kg)
08 Okt
-
43,12
-0,04
Hoender (IQF)
08 Okt
-
26,99
0,00
Medium (30-40kg)
08 Okt
-
53,9
-0,07
Skaap A2/3
08 Okt
-
85,43
0,01
Skaap AB2/3
08 Okt
-
76,91
0,00
Skaap B2/3
08 Okt
-
72,17
-0,01
Skaap C2/3
08 Okt
-
68,75
-0,01
Speenkalf
08 Okt
-
38,2
0,00
Spekvarke
08 Okt
-
26,38
-0,02
Stoorlammers
08 Okt
-
44,93
-0,02
Varkwors
08 Okt
-
21,91
-0,01
Vars Hoender
08 Okt
-
30,96
-0,01
Vleisvarke
08 Okt
-
28,11
-0,01
Wol (skoon)
08 Okt
-
163,42
0,02

Karoo-cowboy skrik vir niks

akkreditasie
Foto: Amelia Genis
Foto: Amelia Genis
Waar ons op die Hoëveld intensief met ‘skape’ geboer het, kom hierdie ’nuwe vrou’ mos in die Karoo aan waar daar met ‘skaap’ geboer word. En dis nie waar die verskille ophou nie.

Vir werk en vuil word was ek nog nooit bang nie. Ek was net vyf jaar oud toe ek my raakvat-voorvat-vasvat-ma al help boer, melk en doseer het. Ek het dus glad nie om-
gegee om my nuwe man een middag ná werk gou te gaan help lammers merk nie. 

Ek vra of hulle alles onthou het: gasbottel, brandtang, oormerk-tang, oorplaatjies, permanente merkpen, tang en blou Teramycin-spuitmiddel om te ontsmet. 

“Ja-nee, alles is gelaai,” word daar met ’n skalkse glimlag gesê.

By een van die krale is die skaap reeds aan’t maal ná hulle die hele dag te perd bymekaargemaak is. Hier en daar sien jy ’n groot ooi met ’n lang stert. Ek dink by myself my ma sterf tien dode, maar ek begryp dat ’n intensiewe skaapboerdery op 800 ha in die Hoëveld, met ’n drakrag van 20 ooie/ha, verskil van ’n skaapboerdery in die Karoo waar jy op duisende hektaar boer, maar 20 ha nodig het  vir een skaap. Ja, ja, ek oordryf ’n bietjie, maar dit maak vir ’n goeie storie!

Spanwerk 

Op sekere Karooplase word die lammers so van die veld af verkoop. So, nuwelinge word een keer per maand gemerk. Dit kan gebeur dat skaap nie bymekaargemaak word nie en oorgeslaan word. Die lammers wissel dus van pasgebore tot so drie maande oud. Tussen bolle stof en kolle son word die eerste groot lam met ’n dik stert gevang. My werk is om die rekkies aan die sterte te sit.

“Nee, ons brand nie stertjies af in die Karoo nie,” word ek vertel.

Ons staan almal in ’n ry. Ek staan eerste om die rekke aan te sit, en dan my man vir die oormerke en plaatjies. Ek is net besig met die tweede lam se vet stert, toe ek voel hoe my rug warm en nat word. 

Ek draai vererg om. Hoekom hou hulle die lam so vas dat hy my nat piepie? Net om verbysterd die bloed uit ’n afgesnyde stert te sien spuit en die bloed wat stroom uit ’n oor wat sommer met ’n knipmes ’n winkelhaak as merk uitgesny is. 

“Daarsy, klaar. Volgende een,” sê my man. Hy merk ook op dat die vlieë in my mond sal gaan as ek dit nie toemaak nie. 

Nuttelose dreigemente

Ek het die Karoo-cowboy in ongeloof aangestaar. In my verbeelding sien ek hoe die bloed op die Boer soek ’n vrou-kameralens spuit en ál drie die stadsmeisies gil en summier begin pak om terug te gaan na hul voorstedelike stof-, bloed- en vlieëlose bestaan. 

“Ek gaan nou my ma bel en vertel watter cowboys julle is! Julle spuit nie eers blou moeti aan nie. Die lammers sal klem-in-die-kaak kry,” dreig ek op ’n selfoonseinlose plaas. 

Die nuwe vrou word net kopskuddend en laggend geïgnoreer. Daar word salig voortgegaan om skaap te werk op die Karoomanier. Ek word net so ewe aangejaag: “Kom, jy hou ons op.”

In die stilligheid dink ek: Toe maar, Kersfees kom, en dan word die kissie met die gasbrander en oortange en blou moetie onder die vals denneboom hier in die Karoo staangemaak. 

En wag maar, my ma kom ook Kersfees kuier.

* Hierdie artikel het oorspronklik in die Landbouweekblad van 4 Maart 2016 verskyn.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.51
+1.7%
Rand - Pond
19.88
-0.0%
Rand - Euro
16.83
-0.0%
Rand - Aus dollar
10.77
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,767.60
0.0%
Silwer
23.31
0.0%
Palladium
2,075.53
0.0%
Platinum
1,059.00
0.0%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,494
+0.2%
Alle aandele
67,029
+0.3%
Hulpbronne 10
64,347
-0.1%
Industriële 25
84,819
+0.7%
Finansiële 15
13,961
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil leer mey ander deel
Ek probeerom ander mense op te helder en ek hou ook baie van eet. Ek hou daarvan om ui te eet en ook om my eie kos te maakEk hou daarvan om aktief te wees deur bergfiets te ry...
Ek kan baie waarde toevoeg tot jou lewe...
Ek is n vrou met sagtheid en n vriendelike geaardheid. Dit sal vir my lekker wees om n man se huis in n heerlike tuiste te omskep waar vriende en familie saam kan kuier. Eensaam...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot