In die eerste webinaar gesels Monde Bala, hoof van verspreiding by Eskom en energiekenners Johan de Vos en Harold Burgess. In die tweede webinaar steek ons kers op by boere wat bekend is met alternatiewe kragbronne en dit daagliks benut. Ons klop aan by drie boere – Hentie Helm, Wouter de Vos en Lourens du Plessis – wat alternatiewe energie op verskillende maniere op hul plase inspan.