Pieter van Zyl en sy seun, PG, bedryf die PGL-boerdery, ’n gemengde boerdery met 10 000 ha graan, wild, ’n delwery en vee by Schweizer-Reneke, en proteas en ’n gastehuis by Tsitsikamma. Hulle pas presisieboerdery toe in hul uitgebreide aanplantings. Pieter het in 1983 op sy eie begin boer en is getroud met Hettie. PG en sy vrou, Elmae, bly saam met hul drie seuns op die plaas. Pieter en Hettie se dogter, Jinkie, behartig van die kantooradministrasie en bedryf die familie se proteaplaas en gastehuis. Hettie bestuur die Uurpan Safari Lodge, die familie se wildplaas.
Boer versprei risiko met talle plase
0:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die tiende episode van reeks 17 van Landbouweekliks word vandeesweek uitgesaai.