Warrick Barnard, ’n voormalige Wildboer van die Jaar, het een van die gesogste buffelkuddes in Suid-Afrika opgebou. Hy boer op ses plase van altesame 4 000 ha by Cannon Rock en Salem, en meen as jy kommersiële diere of vir die jagbedryf wil teel, moet jy dáár tot die bedryf toetree. Warrick het ’n paar jaar gelede sy helikopterlisensie gekry en het al die Comrades- en die Twee Oseane-marathon voltooi. Boonop het hy ’n hart vir mense. Hy is nou betrokke in die gemeenskap en steun onder meer die Five Loaves Two Fish-projek by ’n laerskool in sy omgewing.
Dié wildboer gee ook om vir mense
0:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die vyfde episode van reeks 18 van Landbouweekliks word vandeesweek uitgesaai.