
Dr. Elsie Campher het ’n doktorsgraad in organisatoriese ontwikkeling en ’n honneursgraad in plantbiochemie en het eerste laat in haar lewe teruggekom plaas toe naby Harrismith. Daar het sy nuwe lewe geblaas in van die land se oudste Brangus-teelmateriaal met die Helpmekaar-stoetery. Haar pa, Jannie, is een van die stigters van die Brangus-ras in Suid-Afrika. Op hierdie plaas, sê sy, is hulle ’n span. Elsie bestempel die Brangus-bees as die “agtste wonder van die wêreld.” Al haar diere word ná veldtoetse geskandeer, want “meet, meet, meet is my leuse.”