Ontmoet vir Grietha van Rensburg van Sannieshof in die eerste episodes van die nuutste reeks van Landbouweekliks.
Grietha van Rensburg van Taaiboschpan naby Sannieshof in Noordwes is die eerste vrou op die SA Vleismerino-telersgenootskap se raad. Sy bedryf haar Amulet-stoetery saam met haar man, Louis, in ‘n gemengde boerdery.