Alexander Gibson, verlede jaar se Wes-Kaapse Jongboer van die Jaar, is aan die stuur van Doornkraal Agri in die Witzenbergvallei. In 1990 het Alexander se pa, George, Doornkraal en Hartebeesvallei geërf en vrugtebome geplant. Later is ’n uitvoer-verpakkingsaanleg en koelkamers opgerig. Alexander het in 2009 by die onderneming aangesluit. Met sy klem op tegnologie, mense en volhoubare ontwikkeling speel die onderneming ’n leiersrol in die ontwikkeling van die streek se vrugteproduksie. Sy doelwit is om uitstekende uitvoervrugte volhoubaar te verbou.
Kultuur van uitnemendheid geld
0:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die vyfde episode van reeks 17 van Landbouweekliks, Landbouweekblad se TV-program
oor merkwaardige en puik boere, word vandeesweek uitgesaai.