Die elektriese ingenieur Edzard Biermann het met mielies op 20 ha huurgrond begin boer. In die beginjare het hy klippe gekou. Vandag boer hy op vyf plase van altesaam 2 500 ha met mielies, suiker- en sojabone, beeste en skape in die haelgordel by Standerton in Mpumalanga. Die boerdery word bestempel as nie net ’n suksesvolle voorbeeld van ’n transformasieprojek nie, maar ook een wat self kommersiële sukses bereik het. Edzard het onlangs nog ’n vertakking begin, wat die koop van wonings in Pretoria, Johannesburg en Marlothpark behels. Dit word verhuur.
Landbouweekliks: Klein begin, groot gewin
0:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die agtste episode van reeks 17 van Landbouweekliks word vandeesweek uitgesaai.