
Jakkie Mellet se Potato Seed Production spesialiseer in plantmateriaal vir aartappelproduksie. Afgesien van die gesogte mini-knolle verbou hy ook blaarslaai en kiwi's buite Mashishing (Lydenburg).
Die plaas Sterkspruit is ideaal vir moerproduksie danksy onder meer die hoogte bo seespieël en hoë reënval in die gebied. Jakkie het in sy beginjare op die plaas alles self gedoen – van drade span tot klippe optel.
Hy is ’n ywerige deelnemer aan perde-uithouritte en ’n gekwalifiseerde helikoptervlieënier. Hy en sy vrou, Louné, het drie kinders.