Johan Botha van Prieska in die Noord-Kaap is iemand wat besef dat hedendaagse skaapboere meer moet doen as net die norm handhaaf. Hy het die onderneming Oranjeriviervoere as deel van die boerdery gevestig en daar word met Merino’s, mielies, koring, lusern, uie, pekanneute en rosyne geboer. Hy het die boerdery in 1982 saam met sy broer Nico begin en het dit die afgelope vier dekades in ’n moderne landbou-onderneming omskep wat uit verskeie afdelings bestaan. Daar word gewerk om elke dag nader aan die natuur te boer en om te sien na die grond.
OVR-boerdery ál hoe nader aan die natuur
0:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die sewende episode van reeks 18 van Landbouweekliks word vandeesweek uitgesaai.