Die Hoffmans van Vlaklaagte naby Bothaville is van Suid-Afrika se voorste kleinveeprodusente. Hul Majobe-boerdery was al meer as een keer die ontvanger van SA Stamboek en Vleissentraal se eerbewys vir Kleinveestoetkudde van die Jaar. Johan, sy vrou, Marie-Louise, en hul seun, Jos, bedryf ’n presisieboerderystelsel wat die modernste wetenskaplike beginsels gebruik. Die Hoffmans se mikpunt is die hoogste moontlike produksie vir vroulike diere: Hulle teel ramme om ooie te teel wat die beste moontlike inkomste per hektaar lewer.
Presisie lewer uitstekende ooie
0:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die sesde episode van reeks 18 van Landbouweekliks word vandeesweek uitgesaai.