Jonathan Bradfield en sy span onder leiding van sy skoonseun, Anton Ferreira, is nie net voormalige wenners van die gesogte Mangold-trofee vir uitstekende bewaringslandboupraktyke nie, hulle het die plaas Limestone Hill, naby Bathurst, die afgelope paar jaar vernuwe en beduidend uitgebrei. Die familie boer met pynappels, beeste, wild, pikantrissies en makadamias, en het ook ’n fabriek gevestig wat pynappels droog. Hulle ondersoek deurlopend verskillende moontlikhede om ontslae te raak van skadelike boerderypraktyke wat in die verlede toegepas is.
Weg met skadelike praktyke op Limestone Hill
0:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die vierde episode van reeks 18 van Landbouweekliks word vandeesweek uitgesaai.