Brad O’Neill, Kwanalu se Jongboer vir 2021, boer naby Richmond in KwaZulu-Natal met suikerriet. Hy gebruik groenbemesting om grondgesondheid te bevorder, én vervaardig rum op die plaas. Sy gebruik van nuwe tegnieke en ’n vasberadenheid om konsekwent elke faset van sy boerdery te probeer verbeter, maak van hom ’n formidabele jong boer.
Hy is geprys vir sy toewyding tot presisieboerdery, sy gevorderde en volhoubare biodinamiese praktyke, asook vir die manier waarop hy op die plaas waarde tot sy suikerriet toevoeg met die Sugar Baron Craft Distillery wat rum vervaardig.