AFGRI
BEAN
18 Me
-
9784
0,00
CORN
18 Me
-
5102
0,00
SOYA
18 Me
-
9033
0,00
SUNS
18 Me
-
10524
0,00
WEAT
18 Me
-
8300
0,00
WMAZ
18 Me
-
4686
0,00
YMAZ
18 Me
-
4828
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
06 Me
-
160,8
-7,25
Ave Wool - RWS
06 Me
-
174,68
-4,85
Beeste A2/3
06 Me
-
60,14
-2,17
Beeste AB2/3
06 Me
-
56,59
-3,15
Beeste B2/3
06 Me
-
52,44
-1,74
Beeste C2/3
06 Me
-
48,5
-0,86
Bevrore Hoender
06 Me
-
30,3
-0,79
Bokkies (onder 30 kg)
06 Me
-
56,61
-2,64
Bokooie
06 Me
-
42
-6,53
Groot (meer as 40 kg)
06 Me
-
46,33
3,12
Hoender (IQF)
06 Me
-
28,57
-1,01
Medium (30-40kg)
06 Me
-
49,21
-6,68
Pork Average
06 Me
-
26,81
-0,64
Poultry Average
06 Me
-
30,07
-0,70
Skaap A2/3
06 Me
-
94,59
-0,51
Skaap AB2/3
06 Me
-
78,32
-0,43
Skaap B2/3
06 Me
-
75,11
-0,40
Skaap C2/3
06 Me
-
70,66
-0,03
Speenkalf
06 Me
-
37,88
-0,38
Spekvarke
06 Me
-
27,28
-0,35
Stoorlammers
06 Me
-
46,33
-0,96
Varkwors
06 Me
-
21,26
-0,68
Vars Hoender
06 Me
-
31,34
-0,30
Vleisvarke
06 Me
-
26,75
-0,66

Akwaponika: ’n Fliek, visse en volhoubare voedsel

akkreditasie
Rikalize Reinecke (17) is toegespits op volhoubare voedselproduksie.
Rikalize Reinecke (17) is toegespits op volhoubare voedselproduksie.
Rikalize Reinecke, ’n gr. 11-leerder aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria, is ’n akwaponika-entrepreneur. Dié simbiotiese stelsel met vis en plante dra ook by tot volhoubare boerdery.

Waar het jy die idee vir akwaponika gekry?

Ek het as elfjarige die fliek Dolphin Tale gesien. ’n Droom om ’n mariene bioloog te word, het by my posgevat en ek het navorsing begin doen. Ek het gesien dat vishulpbronne beperk is en ál minder word.

My hart was seer toe ek besef ek sal dalk eendag nie met visse kan werk nie. Ek het op die idee van visboerdery afgekom en ondersoek begin instel oor wat dit behels en of ’n mens dit in die binneland kan doen.

Waaruit het jou eerste visboerdery bestaan?

Ná ’n akwakultuurkursus in Makhanda (Grahamstad) het ek begin met 1 000 tilapia-vissies in vier damme en ’n eenvoudige meganiese en biologiese filter. Dit was klein, sowat 40 m².

Vandag het ek vier kommersiële geriewe waaruit vier ondernemings ontwikkel het: La Pieus Aqua, Claria Sun Enterprises, Aquaponics Direct en Feed- ing Africa Unlimited.

Só lyk ’n kompakte modulêre akwaponika-eenheid: ’n Dam met visse onderaan ’n stel kweekbeddings, gevul met granietklippe waarop plante groei.

Hoe werk akwaponika?

Akwaponika is ’n simbiotiese stelsel met vis en plante. ’n Dam word gevul met water, en vis word in die dam geplaas. Die visse se uitskeiding sal die water in ’n stadium toksies maak. Die water moet dus deur ’n filtreerstelsel skoongemaak word. Dit is waarvoor die kweekbeddings gebruik word. Hulle is gevul met granietklippe wat ’n oppervlakte skep vir die groei van voordelige bakterieë.

Die water word vanaf die dam na die bakke gepomp, waar die nadelige stowwe in die water deur die bakterieë omskep word in bruikbare voedingstowwe vir die plante, wat direk in die klipmedium in die groeibakke geplant word. Daar is geen grond nie – net klip. Die plante maak in die proses die water skoon, en die skoon water gaan terug na die visdam.

Akwaponika gebruik beduidend minder water om die plante te laat groei en dra dus by tot volhoubare boerdery.

Waaruit bestaan jou Lappiesstelsel?

Die Lappiesstelsel is ’n modulêre akwaponiese ekostelsel, geskik vir stedelike gebruik. Dit beslaan 3m2. Dit bestaan uit ’n dam van 1 500 liter, wat tot 30 kg lewende visse kan huisves. Bo-oor die dam is drie groeibakke van 2 m x 750 mm. Dit is bo-oor die dam geposisioneer om die vis te beskerm en verdamping te beperk.

Die groeibakke word sonder klippe verskaf, maar alle ander toebehore is ingesluit, soos die verbindingspype en pomp. Dit is ’n 24 V-DC-pomp en kan ook met sonkrag werk. Jy kry ook ’n USB-stokkie met die installeerinligting en wenke, asook onderrig oor die gebruik van ons toepassing, Fishify.

Rikalize boer met rooi Mosambiekse tilapia- visse vir die akwaponiese stelsel, en verkoop hulle ook aan verskeie afsetpunte en plaas­like restaurante.

Wat is die voordele van die stelsel en wie kan dit gebruik?

As dit korrek bestuur word, kan ’n mens elke vier weke tot 110 gewasse oes, asook twee visse per week. Die stelsel kan ’n gesin van vier op ’n deurlopende basis ondersteun wat voeding betref en van proteïene en vars groente voorsien. Ek het die stelsel ontwikkel sodat enigeen, ongeag sy of haar vaardighede en ondervinding, akwaponika kan aanleer en voedsel produseer.

Lappies is ideaal vir private gebruik, koshuise, landelike gebiede, skole, nie- regeringsorganisasies, aftreeoorde, myngemeenskappe en klinieke. Jy kan blaargroentes soos blaarslaai, sprietuie en vrugdraende plante soos tamaties, komkommer, spanspek of selfs kruie in jou akwaponika-tuin kweek.

Wat is jou planne ná skool?

Ek sal beslis in die visbedryf wil bly, maar wil eers werkondervinding gaan opdoen by verskillende vis-georiënteerde maatskappye. Daarna sal ek ’n ingeligte besluit kan neem oor die studierigting waarby ek baat kan vind.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.98
+0.7%
Rand - Pond
19.80
+0.3%
Rand - Euro
16.78
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.21
-0.3%
Rand - Jen
0.12
+1.1%
Goud
1,816.91
+0.0%
Silwer
21.50
+0.4%
Palladium
2,027.00
+0.5%
Platinum
934.00
-0.4%
Brent-ruolie
109.11
-2.6%
Top-40
62,494
0.0%
Alle aandele
69,083
0.0%
Hulpbronne 10
71,795
0.0%
Industriële 25
76,804
0.0%
Finansiële 15
16,026
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek soek iemand met wie ek kan gesels en dinge saam doen.
Ek hou van die natuur, kamp, visvang ek dans graag sokkie & boere musiek. Ek gaan kyk ook graag motor sport, lugskoue. Ek geniet ook die see. Ek kan kosmaak het nie n vrou...
Vertel my van jou..!!
Hallo. Ek is n mamma van n tweeling van 20jr. Nou tweedle jaar op Tuks. Bly alleen. Soek graag n maat vir geselskap!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot