Deur die Heritage Breed Forever-reeks word tien skaars soorte plaasdiere uitgelig. Elkeen se voortbestaan word bedreig deur die toenemende gebruik van kommersiële rasse.
Die plaasdiere, onder meer die Narragansett-kalkoen en die Cayuga-eend, is gekies deur prof. Phillip Sponenberg van die Virginia-Maryland-kollege van veeartsenykunde in Amerika, wat hom beywer vir die bewaring van die genetiese diversiteit van plaasdiere.