Met die naaste ander skool 100 km ver, weet elkeen dat die sluiting van ’n skool die begin van plattelandse verval kan wees.
Plante kan deur verbouing reggekry word, en vir die mens is dit onderwys. Daarom is die voortbestaan van die Laerskool Unitas in een van die verste uithoeke van Suid-Afrika ononderhandelbaar, meen mnr. Cobus Coetzee, voorsitter van Agri Bosveld.
“Kyk, ons is afgeleë. As die boerevereniging môre toemaak, gaan ek nie opbou boer nie. As die kerk nie langer kan voortbestaan nie, sal jy ’n ander plan maak om kerk te hou.