Halfpad tussen Stephen King en Ena Murray. Dít is hoe die skrywer Sidney Gilroy, skepper van die geliefde sersant Sollie Mthembhu, bobaas-speurder van die boeke Klikbek (2019), Middernag (2020) en nou ook Vlam (2022), homself beskou.
“Ek hou van die (krimi-)genre, want ek is heeltyd in ’n skaakspel met die leser betrokke. Ek wil tot die einde van die boek die leser probeer uitvang.
Maar terselfdertyd lewe ons in ’n samelewing waar ons só gebombardeer word met geweld en die allervieslikste misdade dat ons nie eintlik meer die mense agter die misdade raaksien nie.