Dit volg Suid-Afrika se geskiedenis vanaf segregasie tot die opkoms van die demokrasie, asook die onlangse geskiedenis. Hier is ’n uittreksel:
Die Khoi-Khoi was afstammelinge van jagter-versamelaars wat eeue tevore waarskynlik in die huidige Botswana vee in die hande gekry het. Met hul veewagter-ekonomie kon hulle ’n groeiende bevolking aan die gang hou. Hulle het taamlik vinnig orals in Suider-Afrika versprei.
Dié wat oos beweeg het, na gebiede met ’n hoë reënval, het oor eeue heen waarskynlik deel geword van Bantoesprekende samelewings wat vee gehad én gesaaides versorg het. Dié wat suid en wes beweeg het, het hul suiwer herderekonomie behou.