Gerugte van ’n ontvoering word as een van Chris Karsten se hoogtepunte beskou. Hy vertel meer oor dié boeiende misdaadverhaal.
My joernalistieke instinkte tree gewoonlik in wanneer ek begin dink aan moontlike temas vir ’n nuwe boek.
Ontvoerings het omtrent ’n misdaadmodegier in Suid-Afrika geword en ek het besluit op so ’n ontvoering (of vermeende ontvoering), maar met ’n paar kinkels, sodat dit die kapstok kan word waaraan ek ander temas kan hang. Vertel meer van Ella Neser.