Soos ’n liefdesbrief aan ’n beminde het Magriet Kruger haar liefde vir die unieke vallei waar sy en haar man, Pieter, die eienaars is van die Zandvlakte private natuurreservaat, neergepen en omskryf.
“Hierdie boek, Plants of the Baviaanskloof, is die eerste veldgids wat die plante in die Baviaanskloof en Kougaberge opgeteken het. Dit bevat sowat 2 050 foto’s en sketse, met ongeveer 1 000 plantspesies wat omskryf word.”
Magriet het die boek saam met Douglas Euston-Brown, ’n onafhanklike botaniese konsultant, saamgestel. Dié plantstreek is in 2004 as deel van die Kaapse Blommeryk-wêrelderfenisgebied ingelyf.