Dié speelgoedmaatskappy het met John Deere saamgespan om die trekker-en-sleepwa-model met realistiese eienskappe te ontwerp. Dit sluit in groot wiele, geartikuleerde stuurvermoë en ’n bestuurderkajuit met ’n stoel wat kan draai.
Nóg opwindende eienskappe is die sleepwa wat kan kantel en wiele waarmee daar oor alle terreine gery kan word, met ’n trekstang met ’n ekstra skarnier om oor op- en afdraandes te kan ry.
Die trekker is ongeveer 9 cm hoog, 35 cm lank en 9 cm wyd. Dit is deel van Lego se reeks Technic-modelle waar die jongspan blootgestel word aan realistiese bewegings en meganismes om op ’n toeganklike en realistiese manier kennis te maak met ingenieurswese.