’n Goeie reënseisoen beteken egter jy kan sukkel om droë hout in die hande te kry. Shisha, ’n nuwe kleinsake-onderneming in die Laeveld, het ’n plan om Suid-Afrikaners aan die braai te hou sonder dat jy jou hande hoef swart te smeer met tradisionele houtskoolbrikette.
Die maatskappy het ’n manier gesoek om afvalmateriaal in ’n hernieubare energieproduk om te skakel. Die Laeveld van Mpumalanga is makadamiawêreld en dié neut se doppe was die logiese keuse vir afvalmateriaal.
Volgens mnr. Mike Duncan van Shisha brand die Shisha Eko-brikette van makadamiadoppe silwerskoon. Dit bevat geen chemikalieë of bymiddels nie. Hy sê die doppe is teen net die regte druk saamgepers om kole te maak wat baie warm brand en lekker lank hou.