AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

‘Ek’s weer lus vir boer’: Liedjie gee boere nuwe moed

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO: LUCILLE BOTHA
FOTO: LUCILLE BOTHA
Vanjaar het Suid-Afrikaners die ergste beurtkrag nog ooit beleef. ’n Ekonomiese hou wat die land R1 biljoen uit die sak gejaag het.

As jy vanjaar enige besigheid bestuur het met ’n groot behoefte aan elektrisiteit, was dit een jaar wat jy vinnig sal wil vergeet. Melkerye, koelkamers en verpakkingsaanlegte is geraak, die lys gaan aan. En natuurlik ook besproeiingsboere. Want spilpunte en pompe moet aan die gang gehou word en besproeiingskedules moet bygehou word. Raak jy eers agter, vang jy nooit weer op nie. Al het jy skielik geen ander keuse as om in duur spitstye te besproei, want dit is al wanneer daar krag is. 

Dan is daar ook hemelhoë kunsmis- en brandstofpryse wat in jou nek afblaas... By ’n onlangse Kersfunksie van GWK, sit HF “Babatjie” Cilliers ietwat mismoedig na ’n moeilike jaar.

As boer by Douglas verbou hy verskeie gewasse onder besproeiing. Vanjaar was vir hom, soos vir soveel ander besproeiingsboere, niks minder as ’n beproewing nie. Later speel Neil de Klerk, uitvoerende hoof van bemarking en kommunikasie by GWK, ’n lied wat GWK se bemarkingspan spesiaal saam met ’n video opgeneem het. Die sanger Ruth se lied God Gaan Voor Ons Uit begelei die video, en vir Cilliers krap die lirieke iets los. 

“Ek het net nuwe lus gekry om te boer,” verduidelik Cilliers ná die video aan die span gewys is. “Dit is só ’n belangrike boodskap. Ander mense moet dit ook hoor; dit moet gedeel word.”

Llewellyn Brooks, GWK se besturende direkteur, sê die lied se boodskap “bevestig opnuut al die goed en mooi in die wêreld waaraan ons kan vashou. Ons hoef nie bekommerd te wees oor dít wat voorlê nie – ons moet net aanhou om die regte ding te doen. Dit maak ’n mens opgewonde oor die nuwe jaar wat om die draai is en dit stel ’n mens gerus om te weet dat daar ’n Hoër Hand is wat by alles betrokke is.”

Die nuwe jaar hou vir Brooks en sy bestuurspan ’n opwindende tyd in ná die nuus dat die mededingingstribunaal goedkeuring gegee het vir die samesmelting van GWK met nog ’n ikoniese Suid-Afrikaanse landboubesigheid, VKB met sy hoofkantoor in Reitz in die Vrystaat.

Die resultaat sal een van Suid-Afrika se grootste landboubesigheid staan maak.Vir De Klerk is die lirieke van die lied juis beskrywend van die belewenis van GWK en sy mense.

“Van die reis waarop die landboumaatskappy homself bevind en die rigting waarheen dit op pad is.”  *Musiek geskryf en opgeneem deur Ruth Music SA (kopiereg)

*Musiek beskikbaar om af te laai op Apple Music, Spotify, Deezer

*Videoproduksie gedoen deur GWK (kopiereg)

*Projek in samewerking met Landbou.com

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot