Mense kom van heinde en ver vir die eienaar, mnr. Willem Briedenhann, se biltong, droëwors en boerewors, en talle het al sy arm probeer draai vir die resep van sy speserymengsel.
Dit is egter ’n familiegeheim, maar Briedenhann het nou besluit om sy steak- en hoenderspeserymengsels te bemark. Die speserye se bestanddele word alles plaaslik aangekoop en gedroog, en word nie bestraal of met preserveermiddels of aanvullings gemeng nie.
Familiér Farm Grocer se protokol is skoon, natuurlik en gesond. Die speserye en vele ander vars produkte, soos organiese groente en grane, is beskikbaar in die winkel of die aanlyn winkel vir aflewering landwyd. Familiér verkoop ook omgewingsvriendelike skoonmaakmiddels en skoonheidsprodukte.