Die voël maak homself toenemend nie net in die fynbosveld van die Agulhasvlaktes tuis nie, maar ook in onbesproeide landbougebiede.
Hierdie endemiese spesie kom nêrens anders ter wêreld voor as in die sowat 15 000 km² van die Agulhasvlaktes tussen die Hottentots-Hollandberge in die ooste, Mosselbaai in die weste en die Langeberge in die suide nie. Dit hou onder meer in bedreigde renosterveld.
Teen 2000 was nagenoeg 70% van die voël se natuurlike habitat reeds omskep in landerye waarop veral koring, kanola en lusern verbou word. Bitter min van die natuurlike veld waarin dit hou, val binne bewaringsgebiede.