Gewoonlik is die nes bloot ’n skraapsel op die grond en dus baie kwesbaar vir roofdiere.
Dit is fassinerend om grondbroeivoëls se strategieë dop te hou om roofdiere se aanslag op hul neste te verminder. Die kelkiewyn hoop om slange, muishonde en ander roofdiere deur kamoeflering te fnuik en op die nes te bly sit.
Die roofdiere kan egter die voël se reuk optel of dit as leidraad gebruik om die nes te vind wanneer die voël vlug. Só verloor kelkiewyne tot 90% van hul neste. Die vaalstreepkoppie is nóg slegter daaraan toe. Minder as vyf uit elke honderd neste spring plundering vry.