Voor my troue met Willem in 1991 het ek in ’n bank op Oudtshoorn gewerk. Ná ons troue het ek ’n eie inkomste vreeslik gemis. Omdat ek as kind altyd my ma, Sella Louwrens, gehelp het met kook en inmaak op ons plaas buite Albertinia, het ek dit hier op Langfontein vir ’n inkomste aangepak.
Aanvanklik het ek dit op klein skaal in die omgewing verkoop.
My ouers se aftreehuis was op Stilbaai. Wanneer ek en Willem somervakansies daar gaan kuier het, het ek die stalletjies, wat deur honderde mense ondersteun is, só gekyk en besef ek kan mos my produkte hier verkoop.