Kersfees is ’n tyd waarin Christene graag sing. Daar is bewyse dat ’n weergawe van die bekende “Gloria in excelsis Deo”, oftewel “Ere aan God in die hoogste hemel” reeds in 129 n.C. in die kerk gesing is.
Martin Luther het – as ’n Kersgeskenk aan sy seuns – in 1535 die bekende Kerslied “Van die hemel bo kom Ek na u” geskryf en gekomponeer, wat later deur JS Bach verwerk is.
Bach self het ook die bekende “Daar ver in ’n krip” gekomponeer. Volgens hom het hy dit vir sy kinders gesing wanneer hy hulle aan die slaap gewieg het. Die bekendste Kerslied is seker “Stille nag, heilige nag”, wat op Oukersaand in 1818 geskryf en gekomponeer en die dag daarna tydens die Kersdiens in Obersdorf gesing is.