Die telefoon lui. “Môre, Servaas,” word daar gegroet. “Hoe gaan dit daar by julle, jong?” “Môre. Nee, wat. Dit gaan goed, geen nuwe moeilikheid nie. Laas nag goed gereën en die damme is vol.”
“Man, dit is nou juis hoekom ek jou bel. Dis dróóg hier by ons. Die ooie begin een van die dae lam en die groenvoer is maar baie effentjies. Jy het nie dalk lusern om te verkoop nie?”
“Ek sal net moet loer, maar ek dink ons kan jou Bedford vol maak. Ek het mooi lusern met baie blaar vir R3 ’n baal en dan ’n ander lot wat ’n bietjie gras in het vir R2,50. Wat soek jy?”