Haar neef was ’n gesiene boer en alles het daarop gedui dat dit uit die ‘hoogste gestoeltes’ gaan wees.
In daardie stadium was ek in bevel van die Ganskuil-polisiestasie, nie ver van Northam nie, en ons wou nie afsteek op só ’n geleentheid nie. Ons oudste dogtertjie, Maréne, was ses, Cobus, ons seuntjie, was vier en Helga, die jongste, was twee jaar oud.
Stowwerige paaie was daardie jare verskriklik, maar sonder slaggate, en daar is gereeld met die aankoms by die kerk eers gestortbad en verklee. Cobus het ernstige sinusprobleme as gevolg van die stof gehad en was daardie dag weer in een van sy nukkerige buie.