Haar reeks vrolik die kleinspan se klerekaste al vier jaar lank op.
By Piekanienies Sewing for Kids maak ons mooi en gemaklike kinderklere wat prakties en bekostigbaar is.
Ek was ’n tuisskolier wat van jongs af belang gestel het om dinge met naald en garing aan te pak. My ouers het my met belangstelling dopgehou. Toe ek 15 was, het hulle my vir ’n tweejaarnaaldwerkkursus by Intec-kollege ingeskryf.